Oorlaaide padreus swig onder vrag
Des Erasmus
Die bars van 'n buiteband het lig gewerp op die geheimenisse van swaar nagtelike verkeer deur die strate van Omaruru.
Dit kan oorlaaide vragmotors wees wat groot rotsblokke uit groewe in die omgewing van Omatjete na Walvisbaai vervoer. Inwoners van Omaruru het in die verlede al helder oordag op van die swaar vragdraers in die strate afgekom.
Soos nou was daar 'n vragdraer wat tydelik gestrand was nadat 'n band onder die geweldige druk gebars het.
Toe was net een van die rotsblokke van sowat 27 ton op die bak met die swaar padmonster wat 'n toelaatbare vraggewig van 36 ton het.
So 'n vragmotor met 'n dravermoë van 36 ton het toe in die nagtelike ure van gisteroggend weer as gevolg van 'n gebarste band op die dorp gaan staan, maar dié keer was daar twee rotsblokke van 27 ton elk op die bak. Die massa van die rotsblokke word op die steen self vertoon.
Navraag op die toneel het aan die lig gebring dat die buitengewone vrag met 'n hyskraan by die groewe gelaai word. Die naam van 'n Chinese onderneming word aan die bedryf gekoppel.
Inwoners se navrae by Omaruru se verkeersafdeling het gister niks opgelewer nie. Daar is net gesê Omaruru beskik nie oor 'n weegbrug nie.
Toe by die Walvisbaaise weegbrug navraag gedoen is, was die antwoord dat swaar vragdraers wat die toelaatbare gewig van die vrag oorskry, nou al jare lank net by die brug aangehou word totdat die vrag ligter gemaak is.
Boetes word blykbaar nie meer gevorder nie.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie