Ooreenkoms oor Brexit bereik
Die Britse pond het Maandag met 1% teen ander geldeenhede versterk nadat onderhandelaars van Brittanje en die Europese Unie (EU) bevestig het hulle het 'n ooreenkoms bereik oor Brittanje se onttrekking aan die EU – die sogenaamde Brexit.
Michel Barnier, onderhandelaar van die EU, het bevestig die Brexit-onderhandelinge het 'n beslissende punt bereik en 'n groot deel van die finale ooreenkoms is beklink. Barnier het die stelling gemaak by 'n gesamentlike mediakonferensie met die Britse onderhandelaar, David Davis.
Die pond het tot US$1,40 teen die dollar versterk. 'n Peiling onder beleggers deur Barclays het verlede week nog aangedui dat die meeste mense nie 'n ooreenkoms voor minstens Oktober vanjaar verwag het nie.
Ontleders meen die vordering met die Brexit-onderhandelinge verhoog die kanse vir 'n ordeliker en gladder oorgang. Dit verminder die verwagte risiko's vir die Britse ekonomie oor die volgende paar jaar.
Die kwessie rondom die grens tussen Brittanje en Ierland is nog uitstaande, maar Britse sakelui het die ooreenkoms verwelkom en gesê dit bring meer beleidsekerheid. – Netwerk24/Bloomberg

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie