Oordeelsdag vir LPM-leiers eers mu00f4re
Oordeelsdag vir LPM-leiers eers mu00f4re

Oordeelsdag vir LPM-leiers eers môre

Augetto Graig
Die Nasionale Vergadering (NV) se staande komitee op reëls en bevele vergader eers môre oor die gedrag van die Landless People’s Movement (LPM) se leiers, mnre. Bernadus Swartbooi en Henny Seibeb, tydens president Hage Geingob se staatsrede die afgelope Donderdag.
Republikein het vandag berig die byeenkoms sou vandag geskied het.
Volgens die woordvoerder van die NV, mnr. David Nahogandja, was die inligting verkeerd en vind die sitting eers môre om 11:00 plaas.
Die komitee moet besluit of die Speaker, prof. Peter Katjavivi, se beletting van Swartbooi en Seibeb in die NV van krag bly en of ander optrede aan die komitee op voorregte aanbeveel moet word.

Kommentaar

Republikein 2026-05-15

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer