Oor veilings, BTW en deposito's
NEIL ENGELBRECHT VAN AUCOR NAMIBIA SKRYF:
Ons antwoord graag op ongegronde aantygings in 'n SMS gepubliseer op 5 Junie 2020 in verband met veilings, deposito's en BTW. Die klaer is bekend aan ons en die saak is ook behoorlik aan hom verduidelik.
Rakende BTW op veilingitems verwys ons u graag na die Wet op Belasting op Toegevoegde waarde, wet 10 van 2000, artikel 46 A, soos uiteengesit in Staatskoerant nommer 2402. Luidens die wet word alle items op veiling onder die afslaer se BTW-nommer verkoop en moet BTW ten alle tye gehef word. Die voorwaardes van verkope het dit duidelik gestel voornemende kopers bie BTW uitgesluit op die lotte soos aangebied op die aanlynveilings.
Die deposito betaalbaar, word belas teen die lot, en nie na die verkoper nie. Die deposito word gesien as deel van die betaling op die lot.
Sou die koper dan nie die res van die bedrag betaal in die tyd soos toegestaan in die verkoopsvoorwaardes nie, verbeur hy sy deposito. Deposito's is betaalbaar om te verseker dat slegs ernstige kopers deelneem aan die veilings en verhoed dat voornemende kopers nie net pryse opjaag nie.
Baie dankie vir die geleentheid om te kan antwoord op die aantygings wat gemaak is.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie