Oor retoriek en realiteit
Tydens 'n verkiesing is een van kiesers se belangrike pligte om tussen retoriek en realiteit te onderskei.
Hierdie vermoë moet eintlik elke dag toegepas word en behoort een van die vaardighede van goeie basiese onderwys te wees.
Dit is bepalend vir die kwaliteit van demokrasie.
Daarsonder kan praktiese en uitvoerbare planne vir vooruitgang nie van leë beloftes onderskei word nie.
Ons sal nie die behoud van 'n straat wat na hom vernoem is, verdedig nie, maar Otto von Bismarck het een van die mees bekende aanhalings oor die magspel wat politiek is, geuiter: “Politiek is die kuns van die moontlike, die haalbare – die kuns van die naasbeste.”
Natuurlik moet ons nie met middelmatigheid tevrede wees nie, maar soms moet plan A eers kom voor plan B 'n kans op uitvoering sal staan.
Ons sal almal graag wil hê die opposisie moet Swapo se tweederdemeerderheid beëindig. En alle aanduidings is die regerende party kan vanjaar swakker vaar en dr. Hage Geingob ook, dalk selfs swakker as Swapo – iets wat 'n eerste vir die geskiedenisboeke sal wees.
Beloftes om setels te vervyfvoudig of selfs vertienvoudig moet egter beoordeel word met die knippie sout wat die realisme voorskryf. Sulke uitsprake kan 'n stok word waarmee opposisieleiers later bygekom kan word.
In sommige partymanifeste en by politieke vergaderings of nuuskonferensies word bloot vir slaankrag, of selfs weens 'n gebrek aan nadenke, dinge gesê wat hetsy aan die kaak gestel moet word vir wat dit is, of nie maar net oorvertel word omdat dit aandag sal trek nie.
So sê ander
11 November 2019
As waterbestuur vou, stort SA en ekonomie in duie
Die uurglas loop leeg vir die oplossing van Suid-Afrika se waterkrisisse.
Die gevreesde Dag Zero waarop stede en dorpe sonder water is, is op die drumpel – van Johannesburg af waar krane kan droogloop, in dorpe wat soms dae lank sonder water is, tot by Aliwal-Noord waar die Oranjerivier tot stilstand geruk het en honderdduisende mense as gevolg daarvan'n ramp in die gesig staar.
Met swak regering het die owerheid en sy munisipaliteite die leeueaandeel in die waterkrisisse. Deur oor jare nie ag te slaan op voorafwaarskuwings en kundige raad oor die land se waterbestuur en -infrastruktuur nie, is die dilemma lug gegee en het dit die heersende krisisafmetings aangeneem.
Nou rus die haas onmoontlike taak op die regering se skouers om sy jare lange versuim, brouwerk en mislukkings om te keer en reg te stel. Doen hy dit nie – én word dit nie hierdie keer rég gedoen nie – gaan hy skuldig staan aan 'n nasionale ramp.
Elke beskikbare rand gaan vorentoe 100% reg aangewend moet word en kundiges, wat die heersende krisis reeds jare gelede sien kom en daarteen gewaarsku het, gaan betrek moet word om te help.
Want as waterbestuur en die waternetwerk totaal vou, stort Suid-Afrika en sy reeds sukkelende ekonomie daarmee saam in duie.
• BEELD (NETWERK24)

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie