Oor leer en betaal
Talle studente by die Universiteit van Namibië (Unam) en hul ouers is ongelukkig oor streng nuwe betaalreëls by die instelling.
Teen die agtergrond van jarelange probleme om skuld in te vorder, kom dié finansiële vasvatplan nie as 'n verrassing nie. 'n Kultuur van getroue betaling is juis afwesig en moet gekweek word.
Beslis is genoegsame kennis nie gegee sodat mense hul geldsake goed kon beplan nie. Bekostigbaarheid vir behoeftige studente is 'n ander vraagstuk.
Studente sonder bewyse dat hul beurshouers is, moet nou minstens 50% van hul klasgelde voor toelating betaal. Vir studente uit SADC en die buiteland is die deposito onderskeidelik 60% en 70%. Registrasiegelde en koshuisgelde (per semester) is ook vooraf betaalbaar. Op 30 Junie moet oorblywende skuld volledig vereffen word.
Die situasie van studente wat op hulp van die staat se beursfonds staat maak, is onseker omdat bewyse van aansoeke by die NSFAF nie as 'n waarborg van finansiering deur universiteite aanvaar word nie.
Daar moet begrip wees dat Unam 'n eenvoudige en regverdige betaalbedeling wil hê. 'n Groter verskeidenheid betaalopsies kan dalk beter by verskillende studente se omstandighede pas, maar groot instellings het aan die ander kant beskikbare kontant nodig vir baie van sy take.
Studenteleiers se aandrang op 'n bekostigbare, “nominale” deposito gaan nie groter, langdurige probleme oplos nie.
Inspraak by, en genoegsame vooraf kennis – veral van ingrypende veranderinge – is egter noodsaaklik.
So sê ander
23 Januarie 2018
Germany's social democrats: no easy options
Germany has now been without a government for more than three months, and it could be at least the end of February before Angela Merkel can start her fourth term as chancellor – if she ever can.
It is surely significant that two successive elections have each been followed by record-breaking difficulties in forming a government. It is a reminder that the once seemingly commanding large parties are dwindling in Germany, just as they have dwindled elsewhere in Europe.
Following the weekend vote by the social democrats (SPD) to begin detailed coalition talks with Angela Merkel's centre-right CDU-CSU bloc, normal political business may now reassert itself to some degree. Nevertheless, there are still major hurdles to jump, of which the largest will be a referendum among SPD members on the deal, and success is not guaranteed.
• the guardian

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie