Oomblik is hier teen krieket se elite
Ná jare se afwagting is Namibië terug in 'n Wêreldbeker.
Andrew Poolman – Die Namibiese Eagles is oorgehaal om vandag 'n goeie greep op die appelkar te kry en as dit enigsins moontlik is, om te smyt in hul openingswedstryd in Abu Dhabi (vanaf 16:00 regstreeks op SuperSport; uitsending begin 15:30).
Die 26-jarige Gerhard Erasmus en sy manne maak geskiedenis met die eerste verskyning van 'n Namibiese span in die T20 Wêreldbeker-kriekettoernooi, en die eerste verskyning sedert 2003 in enige wêreldtoernooi van die ICC.
“Ongeag wat gebeur, ons weet ons het alles gedoen wat ons moontlik kon om deeglik voor te berei. Ons kan bloot uitgaan en die oomblik geniet en Namibië met trots en mannemoed verteenwoordig en om vir almal tuis 'n inspirasie te bied,” sê die Eagles se afrigter, Pierre de Bruyn.
Vyf jaar gelede het De Bruyn met sy toetrede tot Namibiese krieket 'n belangrike rol gespeel in die junior span se opgang om in 2016 ongekende opgang by die o.19 Wêreldbeker te maak, deur onder meer Suid-Afrika as verdedigende kampioen te klop en uiteindelik in 'n ongekende sewende uit 16 lande klaar te maak.
Sedert sy aanstelling by die seniors het De Bruyn die afgelope jare sy filosofie van werksetiek en vreeslose selfvertroue selfs nog dieper ingevryf.
Sri Lanka is 'n voormalige kampioenspan in die T20 Wêreldbeker en weet hoe dit voel om op die grootste verhoog te speel. Met 'n gesoute afrigter soos Mickey Arthur, tevore aan die stuur van die Proteas, is dit onwaarskynlik dat hulle Namibië gering sal skat, reken De Bruyn.
“Onder die spreiligte van Abu Dhabi en op 'n kolfblad wat nie besonder baie draai bied nie, reken ek ons het 'n goeie kans. Alles sal afhang van hoe ons die druksituasies hanteer en daar deurworstel.
“Namibië wag al 18 jaar op 'n terugkeer na 'n Wêreldbeker – en ons span wat gekwalifiseer het, moes twee jaar wag toe die toernooi (weens Covid-19) uitgestel is. Ons sal nie terugsit of ons laat boelie, of wonder of ons enigiets meer kon doen nie. Ons sal alles gee wat ons het.”
Namibië se oorvloed aan veelsydige spelers – insluitend die voormalige Protea David Wiese, die enigste spanlid wat reeds 'n vorige T20 Wêreldbeker agter die blad het – gee Erasmus verskeie opsies om die gang van die wedstryd te bepaal.
Met kolwers soos Craig Williams en die mokerman JJ Smit ook goed op dreef, beskik die Namibiërs ook oor vele groot slaners wat in staat is om die kolftelling met sesse te laat aangroei.
Sri Lanka (tiende op die T20-wêreldranglys) is egter die hoogste gereken van die vier spanne in groep A, van wie net twee tot die Supertwaalffase sal deurdring. Namibië is 19de.
Ierland (12de) en Nederland (17de) se wedstryd vandag begin om 12:00.
• Gister het Oman, medegasheer, die eerste wedstryd van die toernooi met tien paaltjies gewen toe sy twee onoorwonne aanvangskolwers Papoea-Nieu-Guinee se 129/9 binne 13.4 boulbeurte verbygesteek het.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie