Oom Bill (79) bly jaag sy droom vir Desert Dash
Bergfietsry
Die veteraan fietsryer Bill Jooste is optimisties dat hy vanjaar die Nedbank Desert Dash binne 24 ure kan klaarmaak, nadat die inspirerende 79-jarige in die laaste twee jare se wedrenne net-net ná die spertyd van drieuur die middag klaargemaak het.
Die bejaarde Walvisbaaier sal weer as ’n solo-ryer aantree vir die afstand van 369 kilometer wanneer die 2017 Desert Dash op 8 Desember in Windhoek wegspring en die volgende dag op Swakopmund ten einde loop.
Dit is die 13de jaar van die internasionaal bekende wedren, wat meestal op grondpad plaasvind en wat binne 24 uur afgelê moet word om vir ’n medalje as voltooier te kwalifiseer.
Jooste het onlangs aan die nuusagentskap Nampa gesê hy sal in Desember fiks en gereed wees.
“Ek werk tans saam met ’n biokinetikus op Walvisbaai om krag en uithouvermoë op te bou.”
Vanjaar se Desert Dash sal sy sewende poging wees, nadat hy dit die heel eerste keer as lid van ’n span getakel het. As veteraan gee Jooste nou ook aandag aan sy geestelike taaiheid. Hy weet immers hoe belangrik dié aspek is, omdat ryers dikwels lang ente stoksielalleen in die donkernag ry.
“Ek het laas jar baie goed begin, maar toe dit donker word, het ek begin sukkel met die wind en die koue in sommige dele.”
Net minder as 900 ryers het sover reeds vir die 2017 Desert Dash ingeskryf. Dit sluit 191 solo-ryers, 116 spanne van twee persone en 118 spanne van vier mense in.
Die Dash se organiseerder, Leander Borg, het aan Nampa bevestig dat al die plekke vir viermanspanne reeds uitverkoop is.
“Ons kan nog solo-ryers en tweemanspanne laat registreer, omdat ’n maksimum van 1 000 ryers toegelaat kan word,” het hy gesê. - Nampa

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie