Ooievaar swoeg op Nuwejaarsdag
Ooievaar swoeg op Nuwejaarsdag

Ooievaar swoeg op Nuwejaarsdag

NAMPA
Dis 'n seuntjie!

Windhoek se eerste baba vir 2018 is Maandag by die Sentrale Hospitaal in die hoofstad gebore.

Die verpleegster aan diens, suster Anna Josef, het gister aan Nampa gesê die gesonde babaseun is om 01:03 gebore en het 3,16 kg geweeg.

Nog sewe babas is Maandag omstreeks 14:30 by die Windhoek Sentrale Hospitaal gebore.

Na verwagting sou nog twee babas voor die einde van die dag gebore word.

Volgens Nampa is Windhoek se tweede Nuwejaarsbaba om 01:20 in die Katutura-staatshospitaal gebore.

Dié baba, ook 'n seun, het 2,5 kg geweeg.

Nog vier babas is om 14:30 by dié staatshospitaal gebore.

Die verpleegster aan diens, suster Ester Shihepo, het gesê dit was nie die eerste keer dat sy gehelp het om 'n baba op Nuwejaarsdag die wêreld in te bring nie.

Sy het gesê hulle is altyd verheug om babas aan die begin van 'n nuwe jaar te verwelkom.

"Ek is so trots," het Shihepo gesê.

Geen geboortes is by enige van die privaat hospitale in Windhoek aangemeld toe Nampa omstreeks 14:30 by hulle aangesluit het nie.

Kommentaar

Republikein 2025-12-16

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer