Oogkliniek ontvang moderne masjien
Oogkliniek ontvang moderne masjien

Oogkliniek ontvang moderne masjien

Henriette Lamprecht
Die Namdia Stigting het 'n Optiese koherensie tomografie (OKT)-masjien ter waarde van N$795 500 aan die Windhoek Oogkliniek oorhandig. Die masjien vorm deel van 'n totale skenking van N$1,5 miljoen wat ook die diens en herstel van mikroskoopmasjiene asook die aankoop van masjiene noodsaaklik vir katarakoperasies insluit. Die OKT-masjien is die eerste van sy soort in die openbare gesondheidsektor en speel 'n belangrike rol in die vroeë opspoor van siekte soos gloukoom en katarakte.

Kommentaar

Republikein 2025-12-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer