Onwettige inwoners bly steeds in bewaringsgebied
Onwettige inwoners bly steeds in bewaringsgebied

Onwettige inwoners bly steeds in bewaringsgebied

Die San-gemeenskap van die N‡a Jaqna-bewaringsgebied in die Noordooste meen niemand slaan ag op hul jare lange noodkrete nie.
Francoise Steynberg
Francoise Steynberg – Ondanks ‘n uitsettingsbevel van die hof van jare gelede, bly onwettige inwoners glo steeds in ’n kommunale bewaringsgebied en laat hul beeste daar wei.

Só sê me. Sarah Zungu, voorsitter van die N‡a Jaqna-bewaringsgebied, die grootste bewaringsgebied wat 9 120 hektaar in die Noordooste beslaan.

“Ons bewaringsgebied het meer as 2 000 lede van die San-gemeenskap, maar sowat 7 000 mense bly hier,” het Zungu tydens ’n onlangse besoek aan Republikein gesê.

“Ons is sedert 2013 in ’n hofstryd met die onwettige inwoners gewikkel en in Augustus 2016 het die hof in guns van ons bewaringsgebied beslis.

“Die meer as 30 onwettige inwoners het ’n uitsettingsbevel gekry om die hewaringsgebied te verlaat,” maar Zungu sê hulle is nog steeds daar.

“Intussen het die 30 onwettige inwoners tot meer as 100 mense vermeerder. Die meerderheid kom van onder meer die streke van Ohangwena en Kavango af.”

Zungu sê die onwettige inwoners se kultuur is om met beeste te boer en daar is meer as 1 000 beeste wat onwettig in hul bewaringsgebied wei.

“Die uitsettingsbevel word nie toegepas nie. Wetstoepassing het vir die afgelope vier jaar nie plaasgevind nie. Ons word geïgnoreer,” sê Zungu

Sy sê party onwettige inwoners het bloot net na ’n ander gebied in die bewaringsgebied getrek.

“Ons bedryf gemengde boerdery en het sensitiewe wildgebiede waar mense nie mag bly nie. Daardie mense bly nou daar,” verduidelik Zungu.

Een van die grootste inkomstebronne van die bewaringsgebied is jagkonsessies.

“Wildstropery vier hoogty hier. Ons jagters kom van oorsee af en as daar mense tussen die wild bly, skep dit die indruk dat ons kontrakbreuk met die jagters pleeg,” verduidelik Zungu.

ONWETTIGE WEIDING

Die onwettige weiding van beeste is ’n groot kopseer vir die bewaringsgebied: “Ons is nie veeboere nie. Ons oes duiwelsklou en versamel veldkos. Die beeste vertrap ons duiwelsklou en veldkos.”

Zungu sê die beeste vertrap ook die gras waarmee hulle hul huise se grasdakke bou.

“Onwettige weiding en oorbeweiding is aan die orde van die dag,” sê sy.

Die bewaringsgebied het deur die jare al by verskeie ministeries en instansies vir hulp aangeklop.

“Ons vra vir hulp, maar ons word net geïgnoreer. Is dit omdat ons San-mense is dat niemand ons hoor nie?” vra Zungu moedeloos.

Volgens haar het die minister van die omgewing, bosbou en toerisme, mnr. Pohamba Shifeta, die Nyae Nyae-bewaringsgebied in 2018 besoek.

“Shifeta het gesê hy kom later ons bewaringsgebied besoek, maar hy het nooit gekom nie.”

Sy sê weens die Covid-19-pandemie is daar ’n gebrek aan toeriste en jagters.

“Ons het sedert die grense oopgemaak het vier toeriste by die Grashoek Lewende Museum gehad en twee jagters.

“Dit gaan swaar by ons. Ons weet nie hoe lank die pandemie gaan aanhou nie en ons moet nou ander maniere vir inkomste soek.”

MODELPLAAS

Volgens Zungu was daar ’n beplande projek by Aasvoëlnes wat in 2018 vir ’n modelplaas goedgekeur is.

Die modelplaas se ontwikkeling sou waterinfrastruktuur, ’n museum, konferensiegeriewe en ’n gemeenskapstuin behels.

“Wat gebeur met hierdie ontwikkeling? Die hele gemeenskap sou voordeel hieruit trek. Niks het gebeur nie. Hulle het van ons vergeet.”

Zungu sê onwettige optrede in bewaringsgebiede moet dringend getakel word.

Hoofman Tsamkxao Bobo#oma van die Nyae Nyae-kommunale bewaringsgebied in die omgewing van Tsumkwe het hom vroeër vanjaar oor soortgelyke klagtes uitgespreek wat ook volgens hom dadels van kom. - [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-04-27

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Brighton 0 vs 4 Manchester City | Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth LaLiga: Real Sociedad 0 vs 1 Real Madrid SerieA: Frosinone 3 vs 0 Salernitana | Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Queens Park Rangers 4 vs 0 Leeds United | Coventry City 2 vs 3 Hull City English Championship: Queens Park Rangers 4 vs 0 Leeds United | Coventry City 2 vs 3 Hull City Katima Mulilo: 16° | 31° Rundu: 20° | 32° Eenhana: 17° | 33° Oshakati: 19° | 33° Ruacana: 16° | 33° Tsumeb: 17° | 31° Otjiwarongo: 17° | 30° Omaruru: 19° | 32° Windhoek: 16° | 28° Gobabis: 17° | 28° Henties Bay: 17° | 25° Wind speed: 19km/h, Wind direction: S, Low tide: 11:03, High tide: 05:02, Low Tide: 23:14, High tide: 17:32 Swakopmund: 16° | 22° Wind speed: 21km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:01, High tide: 05:00, Low Tide: 23:12, High tide: 17:30 Walvis Bay: 18° | 29° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:01, High tide: 04:59, Low Tide: 23:12, High tide: 17:29 Rehoboth: 18° | 29° Mariental: 21° | 32° Keetmanshoop: 22° | 33° Aranos: 18° | 31° Lüderitz: 16° | 28° Ariamsvlei: 22° | 33° Oranjemund: 14° | 25° Luanda: 25° | 30° Gaborone: 15° | 26° Lubumbashi: 11° | 24° Mbabane: 11° | 20° Maseru: 10° | 23° Antananarivo: 15° | 24° Lilongwe: 13° | 24° Maputo: 17° | 26° Windhoek: 16° | 28° Cape Town: 16° | 23° Durban: 15° | 24° Johannesburg: 14° | 23° Dar es Salaam: 23° | 30° Lusaka: 15° | 25° Harare: 12° | 24° Currency: GBP to NAD 23.44 | EUR to NAD 20.1 | CNY to NAD 2.59 | USD to NAD 18.8 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.32 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.7 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.66 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.22 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.79 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1329.44 | USD to ZAR 18.78 | USD to ZMW 26.5 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 75370.99 Up +1.40% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1673.12 Up +1.85% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13354.97 Up +0.06% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9142.54 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 338.05/OZ UP +0.31% | Copper US$ 4.54/lb UP +0.71% | Zinc US$ 2 869.50/T UP 0.15% | Brent Crude Oil US$ 88.96/BBP UP +0.08% | Platinum US$ 913.47/OZ DOWN -0.0026 Sport results: Premier League: Brighton 0 vs 4 Manchester City | Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth LaLiga: Real Sociedad 0 vs 1 Real Madrid SerieA: Frosinone 3 vs 0 Salernitana | Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Queens Park Rangers 4 vs 0 Leeds United | Coventry City 2 vs 3 Hull City English Championship: Queens Park Rangers 4 vs 0 Leeds United | Coventry City 2 vs 3 Hull City Weather: Katima Mulilo: 16° | 31° Rundu: 20° | 32° Eenhana: 17° | 33° Oshakati: 19° | 33° Ruacana: 16° | 33° Tsumeb: 17° | 31° Otjiwarongo: 17° | 30° Omaruru: 19° | 32° Windhoek: 16° | 28° Gobabis: 17° | 28° Henties Bay: 17° | 25° Wind speed: 19km/h, Wind direction: S, Low tide: 11:03, High tide: 05:02, Low Tide: 23:14, High tide: 17:32 Swakopmund: 16° | 22° Wind speed: 21km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:01, High tide: 05:00, Low Tide: 23:12, High tide: 17:30 Walvis Bay: 18° | 29° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:01, High tide: 04:59, Low Tide: 23:12, High tide: 17:29 Rehoboth: 18° | 29° Mariental: 21° | 32° Keetmanshoop: 22° | 33° Aranos: 18° | 31° Lüderitz: 16° | 28° Ariamsvlei: 22° | 33° Oranjemund: 14° | 25° Luanda: 25° | 30° Gaborone: 15° | 26° Lubumbashi: 11° | 24° Mbabane: 11° | 20° Maseru: 10° | 23° Antananarivo: 15° | 24° Lilongwe: 13° | 24° Maputo: 17° | 26° Windhoek: 16° | 28° Cape Town: 16° | 23° Durban: 15° | 24° Johannesburg: 14° | 23° Dar es Salaam: 23° | 30° Lusaka: 15° | 25° Harare: 12° | 24° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.44 | EUR to NAD 20.1 | CNY to NAD 2.59 | USD to NAD 18.8 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.32 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.7 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.66 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.22 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.79 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1329.44 | USD to ZAR 18.78 | USD to ZMW 26.5 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 75370.99 Up +1.40% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1673.12 Up +1.85% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13354.97 Up +0.06% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9142.54 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 338.05/OZ UP +0.31% | Copper US$ 4.54/lb UP +0.71% | Zinc US$ 2 869.50/T UP 0.15% | Brent Crude Oil US$ 88.96/BBP UP +0.08% | Platinum US$ 913.47/OZ DOWN -0.0026