Onwettige besetters moet weg uit N#Jaqna-gebied
Regering se sentimente ‘positief’
Catherine Sasman
Bykans drie jaar nadat die komitee van die N#Jaqna-bewaringsgebied die hoërhof om hulp genader het, het die hof op 18 Augustus beslis dat 22 van die 35 onwettige besetters, met hul omheinings en diere, die gebied binne 60 dae moet verlaat.
As hulle dit nie doen nie, moet die Otjozondjupa kommunale raad vir grond en die ministerie van grondhervorming hulle met geweld uit die gebied verwyder.
Die saak van die N#Jaqna is in 2013 by die hof deur die LAC ingestel.
Die LAC se direkteur, me. Toni Hancox, het gesê die hofbevel beklemtoon die sentiment van die minister van die omgewing en toerisme, mnr. Pohamba Shifeta, wat gesê het indringers se misbruik van gemeenskappe in bewaringsgebiede sal nie geduld word nie.
Sy sê Shifeta se sentiment is ’n positiewe aanduiding van die groeiende ondersteuning van die regering aan weerlose gemeenskappe wie se natuurlike bronne op kommunale grond en in bewaringsgebiede deur onwettige besetters oorgeneem word.
“Hoewel die uitslag van die hofverrigtinge ’n positiewe stap spesifiek vir die N#Jaqna-bewaringsgebied is, bemagtig die hofbevel ander bewaringsgebiede en plaaslike gemeenskappe wat van hul regte ontsê is weens onwettige nedersetting, weiding en omheining,” het Hancox gesê.
Sy sê die LAC vertrou dat die relevante ministeries en owerhede spoedig sal optree om die hofbevel uit te voer as dit nodig is en dat hulle sal voortgaan om die grondwetlike regte van weerlose gemeenskappe te ondersteun en beskerm.
Die onwettige besetters het in die hof beweer dat die Wet op Kommunale Grondhervorming, Wet 5 van 2002, die N#Jaqna-bewaringskomitee belet om hulle van die kommunale grond binne die bewaringsgebied uit te skop.
Die LAC het egter betoog dat die N#Jaqna-bewaringsgroep lede van die !Kung tradisionele gemeenskap is wat gewoonlik en uitsluitlik die gebied sedert die vroegste tye bewoon het en daarom inderdaad die reg het om gesag oor die grond te eis en onwettige inwoners af te sit.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie