Onvas op die spore
Die “bonus”-twis by TransNamib en die hantering daarvan is tekenend van voortgesette probleme by staatsondernemings (SOE’s) wat die land nie stewig op die spoor van goeie bestuur en vooruitgang kan plaas nie.
Gister het die regering verseker werkers sal wel hul dertiende tjek ontvang – buig of bars. Wat beteken die belastingbetaler dok weer op.
Of TransNamib so ‘n voorskot later sal kan vereffen, is nie ‘n uitgemaakte saak nie.
Volgens berigte kon die nasionale karweier skaars genoeg geld bymekaar skraap om November se salarisse te betaal.
‘n Duidelike onderskeid is nodig tussen ‘n bonus en ‘n kontraktueel gewaarborgde dertiende tjek. Eersgenoemde veronderstel ‘n prestasie wat nagekom moet word, terwyl laasgenoemde deel van diensvoorwaardes is wat nie eensydig verander mag word nie.
Met ‘n sentrale regering wat op alle vlakke prestasie-beoordeling voorstaan (al is dit nog nie naastenby volledig geïmplementeer nie), is dit ‘n ope vraag of herstrukturering nie ‘n einde moet bring aan die betaling van onverdiende “bonusse” nie.
Verskeie SOE’s het sedert 1990, ondanks rukke en stote, goed presteer. Ongelukkig moet TransNamib uitgesonder word as dié SOE wat, gegewe sy taak en potensiaal, waarskynlik die vrotste van almal gevaar het.
Dít ondanks ‘n presidensiële kommissie van ondersoek se werk in 2001, verskeie taakspanne se speurtogte en etlike ommekeerplanne oor die jare heen.
Om die nasionale karweier op die regte spoor te kry, mag nie nóg jare en dekades duur nie.
So sê ander
29 Desember 2016
Donald Trump’s Lies About the Popular Vote
One big fear in the weeks leading up to the presidential election was that Donald Trump would try to delegitimize the results by claiming rampant voter fraud.
No one imagined he would say the election was rigged if he won. And yet here we are.
In addition to insulting law-abiding voters everywhere, lies about fraud threaten the foundations of American democracy.
It’s clear he feels threatened by Mrs. Clinton’s popular-vote lead.
Today the Electoral College continues to give an outsized benefit to smaller and less populous states. But states may allocate their electoral votes however they choose, and that opens the door to greater equity without changing the Constitution — namely, the National Popular Vote interstate compact.
We can’t expect Mr. Trump to throw his weight behind this initiative. But if he’s truly worried about the legitimacy of the 2016 election, why doesn’t he call for a recount?
• THE NEW YORK TIMES

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie