Ontwikkeling baklei teen werkloosheid
Ontwikkeling baklei teen werkloosheid

Ontwikkeling baklei teen werkloosheid

Augetto Graig
Augetto Graig - Die statistikus-generaal, mnr. Alex Shimuafeni, het werkloosheid­syfers uit verlede jaar se opname oor die arbeidsmag met streeksgoewerneurs gedeel.

Dít tydens 'n vergadering met president Hage Geingob.

Uit die totale bevolking van 2 324 388 is 36,4%, oftewel 846 195 mense minderjarig en onder die ouderdom van 15.

Hulle kan dus nie in die arbeidsmag ingesluit word nie.

Uit die oorblywende 1 478 193 is 30,6% as ekonomies onaktief geklassifiseer.

Dit beteken slegs 1 026 268 Namibiërs is tans deel van die nasionale arbeidsmag.

Hiervan is 34% oftewel 349 383 Namibiërs werkloos, terwyl 66% of 676 885 tans werk.

Van die burgers wat in staat is om te werk, is meer as die helfte (52,2%) in die Kunenestreek werkloos, terwyl 45,4% van die arbeidsmag in Ohangwena werkloos is.

Sowat 48% van Namibiërs in die Zambezistreek wat kán werk, is werkloos.

Die streek met die minste werkloosheid is Erongo. Hier is slegs 21,9% van inwoners sonder winsgewende indiensneming.

Ander streke waar die werkloosheidsyfer minder as 30% is, sluit in //Kharas- (23%), Omaheke- (26,9%), Khomas- (28,4%) en die Oshanastreek (29,5%).

In terme van werkloosheid onder die jeug staan Kunene op 63,2%, ­Ohangwena op 55,7% en Zambezi op 60%.

Die beste presteerders in dié opsig is die Erongo- (26,3%), //Kharas- (30,9%), Omaheke- (32,8%) en Khomasstreek (37,5%).

Laasgenoemde is ook die enigste streke in die land waar die werkloosheidsyfer onder jongmense minder as 40% is.

Shimuafeni sê voorts die meeste Namibiërs is in die landbou-, bosbou- en vissektore werksaam.

Daarna volg groot- en kleinhandel, konstruksie, private huishoudings, akkommodasie en voedseldienste, vervaardiging, opvoeding, administrasie en ondersteuningsdienste, openbare administrasie, verdediging en openbare welsyn.

Mynbou verskaf slegs 2,2% van verlede jaar se werksgeleenthede in die land.

Op sy beurt het die minister van nasionale beplanning, mnr. Tom Alweendo, gesê groot maatskappye soos myne in Namibië is in 'n groot mate gemeganiseer en skep nie soveel werksgeleenthede soos verwag word nie.

Kleiner besighede kan volgens hom meer en ook vinniger werk vir meer mense skep.

Deel van die Vyfde Nasionale ­Ontwikkelingsplan (NDP5) is daarom gemik op die ondersteuning van meer klein- en mediumsakeondernemings.

Terselfdertyd vereis ekonomiese vooruitgang die ontwikkeling van mededingendheid en nuwe vermoëns.

Die regering beplan ook om meer infrastruktuur, veral in terme van krag- en watervoorsiening, sowel as vervoer te ontwikkel.

NDP5 behels 80 programme en 178 projekte wat fokus op maatskaplike transformasie deur meer geleenthede vir tegniese opleiding te skep, sê Alweendo.

Voorts moet die omgewing ook beskerm word - veral wanneer dit by mynbou-aktiwiteite kom.

Dít kan gedoen word deur die bevordering van doeltreffende bestuur, deursigtigheid en aanspreeklikheid, sowel as die bekamping van korrupsie.

Volgens Alweendo word die land se ekonomie tans deur die regering bestuur om te herstel.

Hoewel daar reeds resultate sigbaar is, sal dié proses egter nog tyd neem.

By dieselfde geleentheid het dr. John Steytler, presidensiële raadgewer, gesê die ekonomie is soos 'n liggaam wat in stand gehou moet word en herstel moet word wanneer dinge skeef loop.

Volgens hom is die huidige poging om uitgawes te sny doeltreffend en is klein tekens van herstel reeds sigbaar.

“Inflasie het begin daal en die verwagte ekonomiese groei van 3% is klein, maar beter as laas jaar toe daar geen groei was nie.

Vanjaar verwag ons dat die ekonomie stadig uit die afswaai sal begin klim,” het hy gesê.

Kommentaar

Republikein 2024-04-27

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: West Ham 2 vs 2 Liverpool | Brighton 0 vs 4 Manchester City | Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth LaLiga: Las Palmas 0 vs 2 Girona | Real Sociedad 0 vs 1 Real Madrid SerieA: Frosinone 3 vs 0 Salernitana | Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Queens Park Rangers 4 vs 0 Leeds United | Coventry City 2 vs 3 Hull City English Championship: Queens Park Rangers 4 vs 0 Leeds United | Coventry City 2 vs 3 Hull City Katima Mulilo: 16° | 31° Rundu: 20° | 32° Eenhana: 17° | 33° Oshakati: 19° | 33° Ruacana: 16° | 33° Tsumeb: 17° | 31° Otjiwarongo: 17° | 30° Omaruru: 19° | 32° Windhoek: 16° | 28° Gobabis: 17° | 28° Henties Bay: 17° | 25° Wind speed: 19km/h, Wind direction: S, Low tide: 11:03, High tide: 05:02, Low Tide: 23:14, High tide: 17:32 Swakopmund: 16° | 22° Wind speed: 21km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:01, High tide: 05:00, Low Tide: 23:12, High tide: 17:30 Walvis Bay: 18° | 29° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:01, High tide: 04:59, Low Tide: 23:12, High tide: 17:29 Rehoboth: 18° | 29° Mariental: 21° | 32° Keetmanshoop: 22° | 33° Aranos: 18° | 31° Lüderitz: 16° | 28° Ariamsvlei: 22° | 33° Oranjemund: 14° | 25° Luanda: 25° | 30° Gaborone: 15° | 26° Lubumbashi: 11° | 24° Mbabane: 11° | 20° Maseru: 10° | 23° Antananarivo: 15° | 24° Lilongwe: 13° | 24° Maputo: 17° | 26° Windhoek: 16° | 28° Cape Town: 16° | 23° Durban: 15° | 24° Johannesburg: 14° | 23° Dar es Salaam: 23° | 30° Lusaka: 15° | 25° Harare: 12° | 24° Currency: GBP to NAD 23.44 | EUR to NAD 20.1 | CNY to NAD 2.59 | USD to NAD 18.8 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.32 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.7 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.66 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.22 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.79 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1329.44 | USD to ZAR 18.78 | USD to ZMW 26.5 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 75370.99 Up +1.40% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1673.12 Up +1.85% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13354.97 Up +0.06% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9142.54 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 338.05/OZ UP +0.31% | Copper US$ 4.54/lb UP +0.71% | Zinc US$ 2 869.50/T UP 0.15% | Brent Crude Oil US$ 88.96/BBP UP +0.08% | Platinum US$ 913.47/OZ DOWN -0.0026 Sport results: Premier League: West Ham 2 vs 2 Liverpool | Brighton 0 vs 4 Manchester City | Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth LaLiga: Las Palmas 0 vs 2 Girona | Real Sociedad 0 vs 1 Real Madrid SerieA: Frosinone 3 vs 0 Salernitana | Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Queens Park Rangers 4 vs 0 Leeds United | Coventry City 2 vs 3 Hull City English Championship: Queens Park Rangers 4 vs 0 Leeds United | Coventry City 2 vs 3 Hull City Weather: Katima Mulilo: 16° | 31° Rundu: 20° | 32° Eenhana: 17° | 33° Oshakati: 19° | 33° Ruacana: 16° | 33° Tsumeb: 17° | 31° Otjiwarongo: 17° | 30° Omaruru: 19° | 32° Windhoek: 16° | 28° Gobabis: 17° | 28° Henties Bay: 17° | 25° Wind speed: 19km/h, Wind direction: S, Low tide: 11:03, High tide: 05:02, Low Tide: 23:14, High tide: 17:32 Swakopmund: 16° | 22° Wind speed: 21km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:01, High tide: 05:00, Low Tide: 23:12, High tide: 17:30 Walvis Bay: 18° | 29° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:01, High tide: 04:59, Low Tide: 23:12, High tide: 17:29 Rehoboth: 18° | 29° Mariental: 21° | 32° Keetmanshoop: 22° | 33° Aranos: 18° | 31° Lüderitz: 16° | 28° Ariamsvlei: 22° | 33° Oranjemund: 14° | 25° Luanda: 25° | 30° Gaborone: 15° | 26° Lubumbashi: 11° | 24° Mbabane: 11° | 20° Maseru: 10° | 23° Antananarivo: 15° | 24° Lilongwe: 13° | 24° Maputo: 17° | 26° Windhoek: 16° | 28° Cape Town: 16° | 23° Durban: 15° | 24° Johannesburg: 14° | 23° Dar es Salaam: 23° | 30° Lusaka: 15° | 25° Harare: 12° | 24° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.44 | EUR to NAD 20.1 | CNY to NAD 2.59 | USD to NAD 18.8 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.32 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.7 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.66 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.22 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.79 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1329.44 | USD to ZAR 18.78 | USD to ZMW 26.5 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 75370.99 Up +1.40% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1673.12 Up +1.85% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13354.97 Up +0.06% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9142.54 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 338.05/OZ UP +0.31% | Copper US$ 4.54/lb UP +0.71% | Zinc US$ 2 869.50/T UP 0.15% | Brent Crude Oil US$ 88.96/BBP UP +0.08% | Platinum US$ 913.47/OZ DOWN -0.0026