Ontvlug die rotresies, speel op die strand
Ontvlug die rotresies, speel op die strand

Ontvlug die rotresies, speel op die strand

Vlugbal
Tielman van Lill
Namib Rage Events bied komende Saterdag vanaf 08:00 tot 17:00 by Langstrand, tussen Swakopmund en Walvisbaai, sy Tafel Lite Beach Bash-strandvlugbaltoernooi aan wat deel van die 2018 Bank Windhoek Beach Bash-reeks is.

Dit is die sewende en laaste kompetisie van die Timeout-reeks vir die jaar, waaraan viermanspanne kan deelneem. Deelnemers kan ook spanne vir die gemengde professionele, asook sosiale en korporatiewe afdelings inskryf. By die gemengde spanne moet daar ten alle tye een vrouespeler op die baan wees en die span kan uit 'n maksimum van ses lede bestaan wat mekaar mag aflos.

Die byeenkoms is nie net vir die land se voorste vlugbalspelers soos Rosi Hennes en Conrad Johannes, wat onderskeidelik die Koningin en Koning van die Strand 2018 is nie.

Julia Laggner, oudskolier van DHPS Windhoek wat Namibië op internasionale vlak verteenwoordig het, sal ook in die aksiebelaaide toernooi haar beste lewer, terwyl korporatiewe en vriendskaplike spanne mekaar in 'n feestelike atmosfeer pak.

James Verrinder, reeks- en toernooidirekteur van die Beach Bash-byeenkomste, vertel van die sport se nuwe borgskap en die gees wat daar ervaar kan word.

“Nadat Bank Windhoek die afgelope twee jaar die hoofborg was, het hulle opnuut besluit om hul gewig by ons in te gooi. Ons is dankbaar vir hul ondersteuning en verwelkom hulle met ope arms terug. Ons sien uit daarna om in die betrokke kompetisie saam met Bank Windhoek te werk.

“Dis die perfekte kombinasie waar die duine, sand, see en natuurskoon die vlugbalspelers tot nuwe hoogtes aanspoor. Daar waar die geluide van die see jou ontmoet, sal jy opnuut die gevoel in jou herontdek waar die strand 'n magiese droom van pure fantasie word.

“Party mense noem Langstrand die Vegas van Namibië, terwyl ander beweer dis 'n nuwe lewe wat op aarde gevind is. Dit is die Tafel Lite Beach Bash volume 6 en dit is al wat ons kan sê,” het Verrinder vertel.

Datums vir die 2019 Time Out strandvlugbalreeks:

1 Mixed Grand Slam op 23 Februarie by die DTS-strandarena in Windhoek.

2 King & Queen of the Beach op 6 April by DTS.

3 Winter Classic op 15 Junie by DTS.

4 King of the Court op 27 Julie (venue moet nog bepaal word).

5 Kalahari Ope op 14 en 15 September by die Tivoli Southern Sky-gasteplaas.

6 Swakop Meesters op 2 en 3 November by die Mole in Swakopmund.

7 Beach Bash op 21 Desember by Langstrand.

Kommentaar

Republikein 2025-08-05

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer