Onttrekking van topspelers word bestuur

Die sterker klubs sal oors oor drie naweke weer hul nasionale spelers beskikbaar hê.
Andrew Poolman
Andrew Poolman - Vir die volgende twee naweke word die speelveld eensklaps gelyker gevee vir die deelnemende klubs in die Namibië Rugby-unie se premierliga, deurdat die spelers in die nasionale oefengroep nie vir die wedstryde beskikbaar is nie.

Mnr. Lyn Jones, afrigter van die Windhoek Draught Welwitschias in die Curriebeker wat op 22 April begin, het in ’n vergadering met afrigters van die premierliga-klubs tot ’n vergelyk gekom.

“Ons het uiters noukeurige beplanning gedoen om te verseker dat ’n herhaling nie plaasvind van die vernedering van verlede jaar se provinsiale kompetisie nie. Om dit reg te kry, moet ons spelers sterker en fikser teen die professionele spanne van Suid-Afrika wees,” het Jones gister aan die koerant gesê.

“Die effek van minder (klub)wedstryde sal vir die spelers groei en herstel toelaat sodat hulle vir groter dinge gereed kan wees. Goeie vertonings in die Curriebeker is belangrik omdat dit hulle in aanmerking vir Namibië se toetsspan vir die Afrikabeker en die Wêreldrugby Nasiesbekertoernooi kan plaas.

“Ek probeer desperaat om die beste belang van beide ons nasionale Welwitschias-spelers en die klubs te vind. Dit is baie moeilik, want om die regte ding aan die een kant te doen, lyk soms asof dit die ander kant benadeel. Professionele sport, soos die lewe, is nie perfek nie, maar die samewerking en begrip van die klubs se afrigters was uitstekend,” sê Jones.

Alle spelers wat kontrakte met die NRU het of in die oefengroep vir die Curriebeker is, sal volgens die ooreenkoms eers weer op die naweek van 1 April vrygestel word om vir hul klubs te speel.

“Dit is belangrik dat ons spelers wel ook wedstrydgereed is wanneer die Curriebeker begin en daarom sal hulle af en toe wel vir klubrugby vrygestel word,” sê Jones.

VOORLOPERS

FNB Wanderers het môre weer die tuisvoordeel wanneer Walvisbaai Rugbyklub daar besoek aflê – maar intussen het Charl du Toit die afrigter geword nadat JP Nel as agterlyn-afrigter van die Curriebekerspan opgeroep is.

Du Toit se span lyk uiteraard anders as laas naweek met verskeie spelers deel van die Curriebeker-onttrekking. Hy het wel vir Francois Wiese en MP Pretorius teruggekry wat laas naweek uitstedig was.

Die Wit Hingste sal nie môre wil onderhandel oor hul posisie boaan die puntelys na afloop van laas naweek se derby-oorwinning teen Trustco United nie.

Walvisbaai lyk vanjaar ook stewiger as verlede jaar. Hul nuwe afrigter Gawan Esterhuizen het ook al tevore vir Kudus na ’n oorwinning in Pionierspark gelei.

FNB Wanderers: 1 Christo McNish, 2 Christie du Plessis, 3 Nelius Theron, 4 Stef Botha, 5 Kevin Foster, 6 DG Wiese, 7 Dirk de Meyer, 8 Adriaan Booysen, 9 Cody la Cock, 10 MP Pretorius, 11 Zaynor Platt, 12 Ethan Beukes, 13 Francois Wiese, 14 NOG Een, 15 Léan Stoop.

BESERINGS

Reho Falcon het laas naweek met ’n enkele punt teen Rehoboth Rugbyklub verloor en het in die proses ’n paar beserings opgedoen in die opbou na die koms van Trustco United môre.

Milando Titus (knie), Stewardt Swartz (knie), Brandon Dentlinger (dyspier) en Peter Beukes (hekskeensening) is van die spelers

Reho Falcon se groep is: Voorspelers: Reginald Araeb, Jason Benade, Jeandre Cloete, Amos Loxton, Jacques Platt, Neville Vries, Elroy van Wyk, Shaun Kuzeeko, Lloyd van Wyk, Udo Mall. Agterspelers: Collin de Koe (kaptein), Zavier van Wyk, Diego Loubser, Nazume Swartz, Samile Loubser, Hillian Beukes, Anthony Brandt, Angelo Kotze, Leonardo van Wyk.

NARRAVILLE

Kudus rugbyklub het ’n noue ontkoming gehad toe eers ná die eindfluitjie uitgeklaar is dat ’n doelskop van Walvisbaai gedurende die eerste helfte mis was en dat Kudus dus met een punt gewen – eerder as verloor – het.

Die span van Narraville ontvang môre waarskynlik die mees gedissiplineerde eenheid in die liga – FNB Unam, wat ewe bewus is dat hul wenpunte teen FNB Western Suburbs eers in die laaste minute aangeteken is. Johan Diergaardt se manne is op ’n string van 14 oorwinnings in die premierliga, maar hulle sal weet dat niemand sommer net op Narraville opdaag en punte kom haal nie.

REHOBOTH

Rehoboth Rugbyklub en Western Suburbs takel mekaar môre op eersgenoemde se veld. Die besoekers het laas naweek verloor en sal dié keer sonder ’n hand vol nasionale spelers wees in hul strewe om so vroeg as moontlik op die wenpad te kom.

Die naweek se premierliga-program:

15:15 FNB Wanderers 1 tn Walvisbaai 1 by Wanderers

15:15 Reho Falcon 1 tn Trustco United 1 by Reho Falcon

15:15 Kudus 1 tn FNB Unam 1 op Narraville

15:15 Rehoboth 1 tn FNB Western Suburbs 1 op Rehoboth

Elke wedstryd word om 13:30 voorafgegaan deur die reserweliga-botsing tussen die tweede spanne.

Eerste liga

15:00 New Paint Rams Keetmanshoop tn Oranjemund op Keetmanshoop (Suide)

15:00 Grootfontein tn Oshakati Rebels op Grootfontein (Noorde)

15:00 Jaguars tn Otjiwarongo by Jaguars (Noorde)

15:00 West Coast Sharks tn Dolphin op Swakopmund (Weste)

15:00 Unam 3 tn Eastern Bulls by Unam (Weste)

Kommentaar

Republikein 2024-05-18

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Manchester United 3 vs 2 Newcastle | Brighton 1 vs 2 Chelsea LaLiga: Real Sociedad 1 vs 0 Valencia | Almería 0 vs 2 Barcelona | Las Palmas 2 vs 2 Real Betis | Celta Vigo 2 vs 1 Athletic Club | Getafe 0 vs 3 Atletico Madrid | Sevilla 0 vs 1 Cadiz | Rayo Vallecano 2 vs 1 Granada SerieA: Lecce 0 vs 2 Atalanta | Fiorentina 2 vs 2 Napoli European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City English Championship: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City Katima Mulilo: 10° | 31° Rundu: 10° | 30° Eenhana: 12° | 31° Oshakati: 13° | 31° Ruacana: 12° | 31° Tsumeb: 14° | 29° Otjiwarongo: 12° | 27° Omaruru: 13° | 30° Windhoek: 12° | 27° Gobabis: 13° | 27° Henties Bay: 19° | 33° Wind speed: 41km/h, Wind direction: NE, Low tide: 06:32, High tide: 12:50, Low Tide: 18:28, High tide: 00:56 Swakopmund: 20° | 23° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SE, Low tide: 06:30, High tide: 12:48, Low Tide: 18:26, High tide: 00:54 Walvis Bay: 22° | 32° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SE, Low tide: 06:30, High tide: 12:47, Low Tide: 18:26, High tide: 00:53 Rehoboth: 12° | 27° Mariental: 16° | 29° Keetmanshoop: 17° | 29° Aranos: 16° | 29° Lüderitz: 19° | 35° Ariamsvlei: 16° | 31° Oranjemund: 14° | 31° Luanda: 24° | 28° Gaborone: 13° | 27° Lubumbashi: 11° | 27° Mbabane: 11° | 23° Maseru: 8° | 23° Antananarivo: 14° | 24° Lilongwe: 15° | 26° Maputo: 19° | 26° Windhoek: 12° | 27° Cape Town: 15° | 20° Durban: 16° | 24° Johannesburg: 15° | 24° Dar es Salaam: 24° | 32° Lusaka: 15° | 26° Harare: 12° | 26° Currency: GBP to NAD 23.01 | EUR to NAD 19.73 | CNY to NAD 2.51 | USD to NAD 18.15 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.7 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.55 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.35 | USD to AOA 847.42 | USD to BWP 13.49 | USD to EGP 46.86 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1467 | USD to ZAR 18.15 | USD to ZMW 25.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 79530.63 Up +0.03% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1754.58 Up +0.81% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13426.13 Up +0.11% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26142.84 Up +3.27% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 414.72/OZ UP +1.55% | Copper US$ 5.04/lb UP +4.12% | Zinc US$ 3 059.30/T UP 0.11% | Brent Crude Oil US$ 84.28/BBP UP +0.60% | Platinum US$ 1 084.88/OZ UP +2.19% Sport results: Premier League: Manchester United 3 vs 2 Newcastle | Brighton 1 vs 2 Chelsea LaLiga: Real Sociedad 1 vs 0 Valencia | Almería 0 vs 2 Barcelona | Las Palmas 2 vs 2 Real Betis | Celta Vigo 2 vs 1 Athletic Club | Getafe 0 vs 3 Atletico Madrid | Sevilla 0 vs 1 Cadiz | Rayo Vallecano 2 vs 1 Granada SerieA: Lecce 0 vs 2 Atalanta | Fiorentina 2 vs 2 Napoli European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City English Championship: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City Weather: Katima Mulilo: 10° | 31° Rundu: 10° | 30° Eenhana: 12° | 31° Oshakati: 13° | 31° Ruacana: 12° | 31° Tsumeb: 14° | 29° Otjiwarongo: 12° | 27° Omaruru: 13° | 30° Windhoek: 12° | 27° Gobabis: 13° | 27° Henties Bay: 19° | 33° Wind speed: 41km/h, Wind direction: NE, Low tide: 06:32, High tide: 12:50, Low Tide: 18:28, High tide: 00:56 Swakopmund: 20° | 23° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SE, Low tide: 06:30, High tide: 12:48, Low Tide: 18:26, High tide: 00:54 Walvis Bay: 22° | 32° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SE, Low tide: 06:30, High tide: 12:47, Low Tide: 18:26, High tide: 00:53 Rehoboth: 12° | 27° Mariental: 16° | 29° Keetmanshoop: 17° | 29° Aranos: 16° | 29° Lüderitz: 19° | 35° Ariamsvlei: 16° | 31° Oranjemund: 14° | 31° Luanda: 24° | 28° Gaborone: 13° | 27° Lubumbashi: 11° | 27° Mbabane: 11° | 23° Maseru: 8° | 23° Antananarivo: 14° | 24° Lilongwe: 15° | 26° Maputo: 19° | 26° Windhoek: 12° | 27° Cape Town: 15° | 20° Durban: 16° | 24° Johannesburg: 15° | 24° Dar es Salaam: 24° | 32° Lusaka: 15° | 26° Harare: 12° | 26° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.01 | EUR to NAD 19.73 | CNY to NAD 2.51 | USD to NAD 18.15 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.7 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.55 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.35 | USD to AOA 847.42 | USD to BWP 13.49 | USD to EGP 46.86 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1467 | USD to ZAR 18.15 | USD to ZMW 25.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 79530.63 Up +0.03% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1754.58 Up +0.81% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13426.13 Up +0.11% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26142.84 Up +3.27% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 414.72/OZ UP +1.55% | Copper US$ 5.04/lb UP +4.12% | Zinc US$ 3 059.30/T UP 0.11% | Brent Crude Oil US$ 84.28/BBP UP +0.60% | Platinum US$ 1 084.88/OZ UP +2.19%