‘Ontploffing’ in houtskoolproduksie
            
                                                            Die Namibiese houtskoolbedryf het die afgelope jaar 'n "ontploffing in houtskoolproduksie" en 'n groei van 33% in een jaar ervaar. Die Namibië Houtskoolvereniging (NCA) se bestuurder, mnr. Michael Degé, sê houtskool is as 'n "redding" tydens die afgelope droogte beskou, met talle produsente wat nuut tot die bedryf toegetree het en sommige wat alleenlik op houtskoolproduksie oorleef het. Die Biomassa Tegnologie Ekspo is Vrydagoggend op Otjiwa Lodge buite Otjiwarongo amptelik deur die hoof ontwikkelingsadviseur vir die Nasionale Beplanningskommissie, mnr. Ned Sibeya, geopen. Meer as 'n duisend besoekers het vooraf vir die geleentheid geregistreer. Die NCA se jaarvergadering het Vrydagoggend plaasgevind. Foto Elvira Hattingh
                                    
            
        

                
                        
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie