Ontluikende markte kry slae oor risiko
Huishoudelike risiko’s gee die markte in verskeie ontluikende markte ’n pak slae.
Van Thailand tot Suid-Afrika het die markte en geldeenhede tot hul laagste vlak in drie weke teruggesak.
Die negatiewe sentiment jeens ontluikende markte is vererger deur die aanloop tot die Amerikaanse presidentsverkiesing en beleggers wat verwag dat die Federale Reserweraad (Fed) in Desember rentekoerse sal verhoog.
In Thailand het aandele en die baht taamlik waarde verloor weens kommer oor die gesondheid van koning Bhumibol Adulyadej.
In Suid-Afrika is die rand op pad na sy laagste vlak in ’n maand en die land se kredietrisiko styg tot ’n driemaandehoogtepunt omdat beleggers vrees dat Pravin Gordhan, minister van finansies, uit sy amp verwyder kan word.
Chinese aandele wat in Hongkong verhandel word, het ook hul grootste daling in vier weke aangeteken te midde van bespiegeling dat geldinvloei van die Chinese vasteland af sal verminder en die yuan sal verswak.
Russiese staatseffekte het ook vir die sewende agtereenvolgende dag agteruit geboer.
Aandele in ontwikkelende lande het met 2,5% geval en geldeenhede het 1,4% van hul waarde verloor nadat die hoogste vlakke in 13 maande in die afgelope twee maande bereik is. Dit is aangevuur deur beleggers wat na hoër opbrengs soek, maar dié lopie het momentum verloor omdat markte nou die groter waarskynlikheid van ’n rentekoersverhoging deur die Fed later vanjaar verreken.
Daar heers ook kommer dat ’n oorwinning vir Donald Trump in die Amerikaanse presidentsverkiesing handelsooreenkomste kan benadeel.
“Daar is spesifieke stories wat verliese in individuele markte soos Thailand aan die gang gesit het en die Amerikaanse verkiesingstryd bied ook heelwat rede tot kommer vir beleggers,” sê William Jackson, ’n ekonoom vir ontluikende markte van Capital Economics in Londen.
“Maar daar is ook tekens dat ontluikende markte se onderliggende sterkte begin verbeter en die aandelepryse behoort te herstel as die eksterne omgewing gunstiger raak.”
Beleggers reken tans die kans op ’n koersverhoging van die Fed in Desember is 66%, maar hulle ken net 20% toe aan die kans op ’n verhoging volgende maand.
Dié persentasie is gegrond op die prys van federale fondse se termynkontrakte.
- Netwerk24/Bloomberg

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie