'Ontginning van mariene fosfaat sal katastrofies wees'
Hierdie tipe ontginning is nie soos diamant-baggerwerk nie en sal uiterste en onomkeerbare gevolge oor millennia hê, sê kenner.
Catherine Sasman
Mariene bioloog en voormalige direkteur van die Sam Nujoma Mariene en Kushulpbronne Navorsingsentrum van Unam, prof. Edosa Omoregie, waarsku dat mariene fosfaat-ontginning, hoe klein of groot die skaal daarvan mag wees, ''n vernietigende en langdurige impak op die mariene ekostelsel sal hê.
Dít, sê hy, mag ''n baie negatiewe impak op die produktiwiteit van die Namibiese mariene omgewing en visserybedryf hê.
Omoregie het hierdie opmerkings gemaak by die eerste jaarlikse navorsingskonferensie van die Sam Nujoma-sentrum op Hentiesbaai aan die einde van September.
Hy sê mariene fosfaat-ontginning behels grootskaalse baggerwerk op die seebodem wat sediment tot soveel as 20 meter diep verwyder. Hierdie sediment het oor miljoene jare gevestig.
Met massiewe verwydering van hierdie groot hoeveelheid sediment, sou herwinning ná mynbou bykans onmoontlik wees. Dit is waarom ander lande met groot mariene fosfaatneerslae in wese weier om mynbou van hierdie bron toe te laat.
In sy voorlegging het Omoregie gesê die hoë produktiwiteit van die Namibiese mariene ekostelsel is afhanklik van die biologiese en chemiese prosesse wat in hierdie sedimente plaasvind.
Sodra die sedimente versteur en uiteindelik verwyder word, mag die gevolge vir seelewe uiters verwoestend wees.
Viswerwing
''n Ander kommer wat hy uitgespreek het, is dat mariene sedimente ryk in fosforiet die teelaarde vir verskeie kommersiële visspesies en ander seelewe is. Die verwydering van die sedimente sal daarom ''n direkte negatiewe impak op die aantrekking van vis in die algehele mariene omgewing hê.
Geen wetenskaplike inligting oor die uitwerking van mariene fosfaatontginning op visbronne bestaan nie, want dit is nog nie elders in die wêreld gedoen nie.
Dít is met goeie rede, reken Omoregie, aangesien die effek van versteuringe van die seebodem algemeen bekend is en is iets waarvan almal, besluitnemers en politici ingesluit, kennis moet neem.
“Om mynbou op land reg te stel, is maklik, maar in die diep see sou herwinning feitlik nul wees en dit miljoene jare duur om te herstel,” is Omoregie se verdoemende voorspelling.
Hy is ook bekommerd oor die vrystelling van verskeie tipes voedingstowwe in die waterkolom, insluitend anorganiese fosfate wat tot dusver binne lae van hierdie sediment opgesluit was.
Een van die gevolge van hierdie vrystellings is rooigety en sulfaat-uitbarstings wat die mariene kultuur-bedryf senuagtig maak. ''n Ander gevolg kan direkte vergiftiging as gevolg van voedingstof-oorlading wees.
Omoregie en ander het die effek van wisselende konsentrasies van ''n enkele superfosfaat-kunsmis en die oorlewing en respiratoriese dinamika van die Nyl-tilapia onder toestande in ''n laboratorium ondersoek.
Hulle het vasgestel dat kunsmis in water die groei van fitoplankton en wateronkruid stimuleer wat voedsel vir visse verskaf. Hulle het egter opgemerk dat alge en onkruid wild groei in sekere konsentrasies van die kunsmis. Dit veroorsaak ''n verstopping in waterweë en veroorsaak die verdunning van suurstof in die stelsel. Kortom veroorsaak dit dat seelewe versmoor.
Seelewe
Omoregie het voorts gesê daar is tans nie genoeg begrip van die geologie van die seebodem nie en dat dit daarom nie duidelik is hoe grootskaalse verwydering van sediment onderliggende rotsformasies mag versteur nie.
Wat bekend is, is dat daar baie openinge in die rotsformasies is en massiewe baggerwerk kan van hierdie openinge blootstel. Wat dus vir millennia daar opgesluit was, kan uitbars en in die waterkolom vrygelaat word.
Omoregie het só ''n moontlike gebeurtenis vergelyk met die 2010 “Deepwater Horizon”-oliestorting in die Golf van Mexiko, die ergste nóg in die geskiedenis van die VSA waar ''n beraamde 3,19 miljoen vate olie in die see vrygestel is.
“Die voorval in die Golf van Mexiko sal soos kinderspeletjies lyk sou iets hier gebeur,” het Omoregie gewaarsku, met inagneming van die massiewe gasreserwes onder die seebodem.
Omoregie neem kennis van toenemende ekonomiese ontwikkeling in verskeie lande en wêreldwye toename in voedselproduksie en biobrandstof. Hy waarsku egter dat die verwydering van diepsee sediment vir die vervaardiging van kunsmis ontwrigtende gebeure sal ontlont wat nie in miljoene jare omkeerbaar sal wees nie.
“Waarom sal Namibië die proefkonyn wil wees?” vra Omoregie aangesien ander lande nie diepsee verwydering van sediment toelaat ná hewige kapsie van die wetenskaplike gemeenskap nie.
“Ons as wetenskaplikes verwys na dit wat wetenskaplik bewys kan word, maar die keuse lê by besluitnemers en politici,” het Omoregie gesê.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie