Onteiening: Dit gaan oor stadsgrond, nie plaasgrond
Onteiening: Dit gaan oor stadsgrond, nie plaasgrond

Onteiening: Dit gaan oor stadsgrond, nie plaasgrond

Nellie Brand-Jonker - Grondonteiening sonder vergoeding in Suid-Afrika gaan eerder oor stadsgrond as plaasgrond, sê die politieke ontleder Max du Preez.

Hy het verlede week op ’n VinPro-konferensie in Kaapstad gesê die Universiteit van Wes-Kaapland se instituut vir armoede, grond en landboustudies het in ’n peiling bevind bitter min swart mense “wil die risiko van kommersiële boerdery op hulle neem”.

“Daar is nie miljoene nie, maar dalk tienduisende aspirant-landbouers. Miljoene mense wat toegang tot grond gehad het in kommunale gebiede, het sedert 1994 na stede gestroom.

“Mense wil nie boer nie, en diegene wat toegang tot grond gehad het, het dit prysgegee, so waaroor gaan die ophef?

“Die grondkwessie is nie ’n boerdery- of landboukwessie nie, dit gaan oor die geskiedenis, oor simboliek, oor regstelling en geregtigheid, en vir sommige is dit ’n straf vir wit mense weens die dade van die verlede.

“Ek glo dit is ’n aanduiding van die frustrasie omdat swart mense se lewens 25 jaar nadat ons ’n demokrasie geword het, nie werklik verander het nie. Maar nog belangriker, gaan dit fundamenteel oor stedelike grond eerder as landbougrond.”

Hy sê plaasinvalle is uiters skaars in Suid-Afrika, maar in die stede is daar weekliks dosyne invalle op grond.

Ondanks die feit dat Suid-Afrika een van die grootste verstedelikte lande in Afrika is, met meer as twee derdes van Suid-Afrikaners wat in stede leef, het die “regering nog nooit ’n plan gehad en het dit steeds nie om die reuse-verstedeliking te hanteer nie”.

Reuse-plakkerskampe het ontstaan, en dié mense moet ordentlike behuising kry.

“Dit moet duidelik wees dat daar nooit arbitrêre beslagneming van eiendom gaan wees nie en dat dit hoogs onwaarskynlik is dat ’n funksionerende kommersiële plaas ooit gekonfiskeer gaan word.”

Die probleme met grond hou verband met onbevoegdheid van die staat, gebrekkige vermoë en korrupsie, soos geïdentifiseer in die hoëvlakondersoek van oudpres. Kgalema Motlanthe in 2017.

“Grond sal op radikale wyse van hande moet verwissel in die stede, want mense het grond nodig.”

Die regering het staatsgrond geïdentifiseer wat al verlede jaar opgedeel moes word om aan mense te gee, maar dit het nog nie begin nie.

“Die groot probleem met grondonteiening is nie dat produktiewe grond gekonfiskeer gaan word nie. Die groot gevaar is die reaksie van die armes en populiste en radikales as hulle besef grondonteiening gaan nie op groot skaal plaasvind nie.”

Du Preez meen die regering sal ná die verkiesing “iets simbolies moet doen om dié stemme stil te maak wanneer mense vra waar is ons grond”.

Grondonteiening sonder vergoeding is ’n “landmyn” wat vir pres. Cyril Ramaphosa geplant is op die ANC se nasionale konferensie in 2017.

Die mosie is op die laaste nag van die konferensie voorgestel.

Du Preez sê hy is die volgende dag ingelig die Ramaphosa-kamp het nie ’n keuse gehad nie omdat die konferensie ineen sou stort en sou verdag met Zuma nog in beheer as hulle nie bes gegee het nie.

“Hulle het besluit om te leef met dié ongemaklike besluit om te keer dat Zuma president bly.”
– Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-05-02

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Barcelona 4 vs 2 Valencia SerieA: Genoa 3 vs 0 Cagliari European Championships Qualifying: Coventry City 1 vs 2 Ipswich Town | Preston North End 0 vs 3 Leicester City English Championship: Coventry City 1 vs 2 Ipswich Town | Preston North End 0 vs 3 Leicester City Katima Mulilo: 12° | 33° Rundu: 12° | 31° Eenhana: 14° | 33° Oshakati: 16° | 32° Ruacana: 15° | 32° Tsumeb: 15° | 31° Otjiwarongo: 14° | 29° Omaruru: 15° | 32° Windhoek: 13° | 27° Gobabis: 15° | 28° Henties Bay: 16° | 21° Wind speed: 40km/h, Wind direction: E, Low tide: 04:26, High tide: 10:41, Low Tide: 16:45, High tide: 23:19 Swakopmund: 16° | 18° Wind speed: 30km/h, Wind direction: S, Low tide: 04:24, High tide: 10:39, Low Tide: 16:43, High tide: 23:17 Walvis Bay: 17° | 25° Wind speed: 30km/h, Wind direction: S, Low tide: 04:24, High tide: 10:38, Low Tide: 16:43, High tide: 23:16 Rehoboth: 15° | 29° Mariental: 18° | 31° Keetmanshoop: 20° | 32° Aranos: 18° | 30° Lüderitz: 14° | 25° Ariamsvlei: 20° | 34° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 25° | 28° Gaborone: 16° | 29° Lubumbashi: 11° | 26° Mbabane: 14° | 25° Maseru: 10° | 26° Antananarivo: 15° | 25° Lilongwe: 14° | 28° Maputo: 18° | 28° Windhoek: 13° | 27° Cape Town: 16° | 24° Durban: 18° | 26° Johannesburg: 17° | 26° Dar es Salaam: 26° | 30° Lusaka: 15° | 27° Harare: 13° | 27° Currency: GBP to NAD 23.25 | EUR to NAD 19.91 | CNY to NAD 2.59 | USD to NAD 18.62 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.32 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.68 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.58 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.12 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.64 | USD to EGP 48 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1389.52 | USD to ZAR 18.62 | USD to ZMW 26.87 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 76076.19 Down -0.5% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1690.93 Down -0.96% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13319.36 Down -0.41% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 24448.73 Down -6.01% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9146.09 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 299.74/OZ UP +0.36% | Copper US$ 4.49/lb DOWN -0.0038 | Zinc US$ 2 897.30/T UP 0.79% | Brent Crude Oil US$ 84.75/BBP DOWN -0.0223 | Platinum US$ 949.21/OZ UP +1.55% Sport results: LaLiga: Barcelona 4 vs 2 Valencia SerieA: Genoa 3 vs 0 Cagliari European Championships Qualifying: Coventry City 1 vs 2 Ipswich Town | Preston North End 0 vs 3 Leicester City English Championship: Coventry City 1 vs 2 Ipswich Town | Preston North End 0 vs 3 Leicester City Weather: Katima Mulilo: 12° | 33° Rundu: 12° | 31° Eenhana: 14° | 33° Oshakati: 16° | 32° Ruacana: 15° | 32° Tsumeb: 15° | 31° Otjiwarongo: 14° | 29° Omaruru: 15° | 32° Windhoek: 13° | 27° Gobabis: 15° | 28° Henties Bay: 16° | 21° Wind speed: 40km/h, Wind direction: E, Low tide: 04:26, High tide: 10:41, Low Tide: 16:45, High tide: 23:19 Swakopmund: 16° | 18° Wind speed: 30km/h, Wind direction: S, Low tide: 04:24, High tide: 10:39, Low Tide: 16:43, High tide: 23:17 Walvis Bay: 17° | 25° Wind speed: 30km/h, Wind direction: S, Low tide: 04:24, High tide: 10:38, Low Tide: 16:43, High tide: 23:16 Rehoboth: 15° | 29° Mariental: 18° | 31° Keetmanshoop: 20° | 32° Aranos: 18° | 30° Lüderitz: 14° | 25° Ariamsvlei: 20° | 34° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 25° | 28° Gaborone: 16° | 29° Lubumbashi: 11° | 26° Mbabane: 14° | 25° Maseru: 10° | 26° Antananarivo: 15° | 25° Lilongwe: 14° | 28° Maputo: 18° | 28° Windhoek: 13° | 27° Cape Town: 16° | 24° Durban: 18° | 26° Johannesburg: 17° | 26° Dar es Salaam: 26° | 30° Lusaka: 15° | 27° Harare: 13° | 27° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.25 | EUR to NAD 19.91 | CNY to NAD 2.59 | USD to NAD 18.62 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.32 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.68 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.58 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.12 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.64 | USD to EGP 48 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1389.52 | USD to ZAR 18.62 | USD to ZMW 26.87 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 76076.19 Down -0.5% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1690.93 Down -0.96% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13319.36 Down -0.41% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 24448.73 Down -6.01% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9146.09 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 299.74/OZ UP +0.36% | Copper US$ 4.49/lb DOWN -0.0038 | Zinc US$ 2 897.30/T UP 0.79% | Brent Crude Oil US$ 84.75/BBP DOWN -0.0223 | Platinum US$ 949.21/OZ UP +1.55%