Ontbeende varklende gevul met koeskoes
Ontbeende varklende gevul met koeskoes

Ontbeende varklende gevul met koeskoes

Met min kan jy baie mense kos gee.

Genoeg vir 6-8

VULSEL

250 ml kookwarmhoenderaftreksel

250 ml koeskoessout en varsgemaalde swartpeper

45 ml olyfolie

1 ui, fyngekap

200 g (sowat 20) gedroogdepruime, fyngekap

6 salieblare, fyngekap

100 g amandels, fyngekap

VARK

2 kg ontbeende varklende (loin), kepe in vel gesny

sout en varsgemaalde swartpeper

4 uie, in skywe gesny

250 ml witwyn

20 ml vinkelsaad

20 ml growwe sout, fyngemaal

Metode:

Verhit oond tot 180 °C terwyl jy die vulsel maak: Gooi aftreksel oor koeskoes en laat staan vir 5 minute. Verhit olyfolie tot warm in braaipan en voeg ui, pruime, salie en amandels by. Roerbraai vir 3-5 minute of tot geurig en bruin. Voeg koeskoes by en meng deur. Geur goed met sout en swartpeper. Laat afkoel terwyl jy die vark regkry: Plaas ontbeendelende velkant na onder op werkvlak. Gebruik ’n skerp mes en sny met kort snybewegings horisontaal deur die vleis – albei kante moet min of meer ewe dik wees. Stop voor jy heeltemal deur die lende sny en vou die vleis oop soos ’n skoenlapper wat sy vlerke sprei (jy butterfly die vleis). Geur goed met sout en peper. Skep koeskoes bo-op enversprei eweredig oor vleis. Rol stewig op en bind vas met kombuistou. Pak uie in ’n oondroosterpan en gooi wyn by.Plaas vark velkant na bo op uie. Meng sout en vinkel en vryf in vel in. Plaas oop in oond en rooster vir sowat 1 uur of tot vel mooi goudbruin is. Sit vark voor met pansous.
- Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2025-07-18

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer