Ons woestynland die agterdoek van Duitse fliek

Yandi Du Plessis
Dr. Peya Mushelenga, die minister van inligting en kommunikasietegnologie, het die afgelope Maandag ’n hoëvlak-regeringsafvaardiging gelei na ’n internasionale multimiljoendollar-rolprentproduksie wat tans aan die kus verfilm word – ’n eerste sedert die aanvang van die Covid-19-pandemie.

Die doel van die besoek was om die leierskap en die multi-sektorale instellings vir belanghebbendes aan die ekonomiese impak van buitelandse produksies in Namibië bloot te stel.

Volgens die Namibiese medevervaardiger en fasiliteerder van die produksie, Joel Haikali van Joe Vision Production – wat ’n sleutelrol gespeel het om die internasionale produksie na Namibië te bring – werk meer as 1 644 Namibiërs voor én agter die kamera aan die produksie.

Onder hulle is die bekroonde aktrise Girley Jazama, wat die vroulike hoofrol speel teenoor die Duitse akteur Leonard Scheicher. Haikali het voorts gesê dit het twee jaar van mededinging teen Suid-Afrika geneem om die Duitse uitvoerende vervaardigers te oortuig om Namibië as die ruimte vir dié film te kies.

Hy het verwys na die uitdagings wat plaaslike fasiliteerders moet hanteer om meer buitelandse beleggers in die sektor te lok – met ’n beduidende gebrek aan aansporings en voordeel vir beleggers. Hy het bygevoeg dis nodig om die beste samewerkingsmodelle tussen die verskillende regeringsagentskappe te vind om dié prosesse te vergemaklik en te verseker dat die grootste deel van die begroting wat bestee word in Namibië bly en nie in Suid-Afrika nie – soos dit al jare lank die geval was.

Die uitdagings ter plaatse het weereens beklemtoon hoe noodsaaklik dit is dat die kreatiewe bedryf as ’n ekonomiese bydraer erken moet word – en talle voordele vir ander bedrywe soos gasvryheid, vervoer, kulturele klein- en mediumgrootte ondernemings inhou en sodoende broodnodige werksgeleenthede skep.

Om dié rede is dit van kardinale belang om die ontwikkeling van aansporingspakkette vir die buitelandse en plaaslike beleggers sowel as plaaslike belanghebbendes te bespoedig.

Die regisseur en draaiboekskrywer van die film, Lars Kraume, en die uitvoerende vervaardiger, Thomas Kufus, het die afvaardiging verwelkom en hul opgewondenheid oor die verfilming in Namibië uitgespreek.

Hoewel hulle beter aanbiedings van ateljees in Duitsland en Suid-Afrikaanse ontvang het, was hulle oortuig dat Namibië as filmbestemming die verhaal wat hulle deur dié rolprent wil vertel, die beste sou aanvul. Die film word teen ’n bedrag van N$130 miljoen deur Duitse subsidies en ander private beleggers gefinansier.

Ná die besoek aan die filmstel en pakhuise van die produksie, het Mushelenga gesê die besoek het meer lig gewerp op die direkte buitelandse belegging wat die plaaslike rolprentbedryf kan lok, en dat die regering krities na hierdie sektor moet kyk.

“Die belangrikheid van samewerking om te verseker dat ons aansporings vir buitelandse vervaardigers het, kan nooit oorbeklemtoon word nie. Ons jeug het werksgeleenthede nodig, en ná wat ek gesien het, is ek vas oortuig dié sektor kan die werkloosheidskrisis verlig en ontwikkeling in ons land meebring,” het hy gesê.

Volgens ’n skatting deur die Verenigde Nasies se Onderwys-, Wetenskap- en Kultuurorganisasie (Unesco) genereer die kreatiewe bedrywe wêreldwyd ongeveer US$2,3 triljoen terwyl dit 30 miljoen direkte werksgeleenthede skep. In Afrika kom dit neer op ongeveer US$58 miljard, waarvan slegs 5 miljard direk deur die rolprentbedryf gegenereer word weens die gebrek aan ontwikkeling in dié bedryf en die gebrek aan fasiliteite en subsidies.

Verna Sinimbo, die adjunkminister van nywerheidsontwikkeling en handel, het gesê haar ministerie het reeds die sektorale konsepraamwerk van Kulturele & Kreatiewe Industrieë na die kantoor van die prokureur-generaal gestuur, met die hoop dat die verwesenliking daarvan meer rolprentbeleggings na die land sal lok.

Die adjunkminister van onderwys, kuns en kultuur, Faustina Caley, het gevra vir deurlopende samewerking tussen die onderskeie belanghebbendes om verder in die ontwikkeling en opleiding van jongmense te belê. Haar ministerie werk in hierdie verband saam met die Namibiese Kunsteraad (NACN).

Die goewerneur van die Erongostreek, Neville Andre, het gesê hy is bly om te sien dat soveel jong Namibiërs is by hierdie produksie betrokke.

NALATENSKAP

Intussen het die burgemeester van Swakopmund, Louisa Kativa, op haar beurt gesê die dorpsraad sal maniere vind om met rolspelers in die bedryf saam te werk en te help met die bewaring van rekwisiete wat op die stel gebruik word sodat Namibië ’n versameling kan hê wat in toekomstige produksies gebruik kan word.

Die raadsvoorsitter van die Namibiese Filmkommissie (NFC), Abius Akwaake, het Namibië se potensiaal as ’n filmbestemming beklemtoon – met rolprente soos The Mummy, Mad Max en Flight of the Phoenix wat in Namibië verfilm is.

Terwyl lande soos Suid-Afrika, Marokko, Kenia en Rwanda wat aansporings aan internasionale produksiespanne bied, kan Namibië egter ’n beduidende afname in filmbeleggings verwag. Juis om dié rede moet doelbewus opgetree word om sulke aansporings te bespoedig en die land as ’n topkeuse-filmbestemming in Afrika te vestig.

Die produksieproses het op 30 Augustus afgeskop en word tot Oktober vanjaar in die streke Erongo, Otjozondjupa en Khomas verfilm.

Dié fiktiewe rolprent volg ’n jong Duitse antropoloog wat te midde van ’n oorlog op ’n navorsingsmissie deur die destydse Deutsch Süd West Afrika gaan in ’n poging om die rasseteorie te weerlê. Tydens sy reis probeer hy ’n jong Herero-vrou opspoor wat hy tydens ’n koloniale uitstalling in Berlyn ontmoet het.

Die rolprent is tot dusver in geheimhouding gehul en meer inligting sal mettertyd beskikbaar wees.

FOTO’s
Die regeringsafvaardiging het die filmstel op Arandis besoek. Foto's Verskaf

Kommentaar

Republikein 2024-05-04

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Brentford 0 vs 0 Fulham | Sheffield United 1 vs 3 Nottingham Forest | Burnley 1 vs 4 Newcastle | Arsenal 3 vs 0 Bournemouth | Luton Town 1 vs 1 Everton | Chelsea 2 vs 0 Tottenham Hotspur LaLiga: Real Madrid 3 vs 0 Cadiz | Real Sociedad 2 vs 0 Las Palmas | Getafe 0 vs 2 Athletic Club SerieA: Torino 0 vs 0 Bologna European Championships Qualifying: Plymouth Argyle 1 vs 0 Hull City | Birmingham City 1 vs 0 Norwich City | Coventry City 1 vs 2 Queens Park Rangers | Stoke City 4 vs 0 Bristol City | Swansea City 0 vs 1 Millwall FC | Leeds United 1 vs 2 Southampton | Ipswich Town 2 vs 0 Huddersfield Town | Sunderland 0 vs 2 Sheffield Wednesday | Rotherham United 5 vs 2 Cardiff City | Middlesbrough 3 vs 1 Watford | Leicester City 0 vs 2 Blackburn Rovers | West Bromwich Albion 3 vs 0 Preston North End English Championship: Plymouth Argyle 1 vs 0 Hull City | Birmingham City 1 vs 0 Norwich City | Coventry City 1 vs 2 Queens Park Rangers | Stoke City 4 vs 0 Bristol City | Swansea City 0 vs 1 Millwall FC | Leeds United 1 vs 2 Southampton | Ipswich Town 2 vs 0 Huddersfield Town | Sunderland 0 vs 2 Sheffield Wednesday | Rotherham United 5 vs 2 Cardiff City | Middlesbrough 3 vs 1 Watford | Leicester City 0 vs 2 Blackburn Rovers | West Bromwich Albion 3 vs 0 Preston North End Katima Mulilo: 13° | 32° Rundu: 12° | 31° Eenhana: 14° | 33° Oshakati: 15° | 32° Ruacana: 16° | 33° Tsumeb: 15° | 30° Otjiwarongo: 13° | 29° Omaruru: 12° | 31° Windhoek: 12° | 27° Gobabis: 15° | 28° Henties Bay: 15° | 21° Wind speed: 28km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:39, High tide: 12:59, Low Tide: 18:48, High tide: 01:14 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 34km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:37, High tide: 12:57, Low Tide: 18:46, High tide: 01:12 Walvis Bay: 16° | 24° Wind speed: 39km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:37, High tide: 12:56, Low Tide: 18:46, High tide: 01:11 Rehoboth: 13° | 28° Mariental: 16° | 31° Keetmanshoop: 16° | 31° Aranos: 14° | 29° Lüderitz: 15° | 27° Ariamsvlei: 15° | 32° Oranjemund: 13° | 22° Luanda: 24° | 28° Gaborone: 14° | 28° Lubumbashi: 12° | 26° Mbabane: 14° | 30° Maseru: 10° | 24° Antananarivo: 11° | 23° Lilongwe: 15° | 28° Maputo: 18° | 31° Windhoek: 12° | 27° Cape Town: 14° | 19° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 15° | 25° Dar es Salaam: 22° | 28° Lusaka: 15° | 28° Harare: 13° | 28° Currency: GBP to NAD 23.17 | EUR to NAD 19.9 | CNY to NAD 2.54 | USD to NAD 18.5 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.31 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.67 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.64 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 133.95 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.64 | USD to EGP 47.9 | USD to KES 133.98 | USD to NGN 1379 | USD to ZAR 18.5 | USD to ZMW 27.1 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 76428.31 Up +0.50% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1700.24 Up +0.45% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13403.47 Up +0.61% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26113.71 Up +6.81% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 301.81/OZ DOWN -0.0011 | Copper US$ 4.53/lb UP +1.46% | Zinc US$ 2 924.30/T DOWN -0.08% | Brent Crude Oil US$ 83.49/BBP DOWN -0.0105 | Platinum US$ 955.87/OZ UP +0.28% Sport results: Premier League: Brentford 0 vs 0 Fulham | Sheffield United 1 vs 3 Nottingham Forest | Burnley 1 vs 4 Newcastle | Arsenal 3 vs 0 Bournemouth | Luton Town 1 vs 1 Everton | Chelsea 2 vs 0 Tottenham Hotspur LaLiga: Real Madrid 3 vs 0 Cadiz | Real Sociedad 2 vs 0 Las Palmas | Getafe 0 vs 2 Athletic Club SerieA: Torino 0 vs 0 Bologna European Championships Qualifying: Plymouth Argyle 1 vs 0 Hull City | Birmingham City 1 vs 0 Norwich City | Coventry City 1 vs 2 Queens Park Rangers | Stoke City 4 vs 0 Bristol City | Swansea City 0 vs 1 Millwall FC | Leeds United 1 vs 2 Southampton | Ipswich Town 2 vs 0 Huddersfield Town | Sunderland 0 vs 2 Sheffield Wednesday | Rotherham United 5 vs 2 Cardiff City | Middlesbrough 3 vs 1 Watford | Leicester City 0 vs 2 Blackburn Rovers | West Bromwich Albion 3 vs 0 Preston North End English Championship: Plymouth Argyle 1 vs 0 Hull City | Birmingham City 1 vs 0 Norwich City | Coventry City 1 vs 2 Queens Park Rangers | Stoke City 4 vs 0 Bristol City | Swansea City 0 vs 1 Millwall FC | Leeds United 1 vs 2 Southampton | Ipswich Town 2 vs 0 Huddersfield Town | Sunderland 0 vs 2 Sheffield Wednesday | Rotherham United 5 vs 2 Cardiff City | Middlesbrough 3 vs 1 Watford | Leicester City 0 vs 2 Blackburn Rovers | West Bromwich Albion 3 vs 0 Preston North End Weather: Katima Mulilo: 13° | 32° Rundu: 12° | 31° Eenhana: 14° | 33° Oshakati: 15° | 32° Ruacana: 16° | 33° Tsumeb: 15° | 30° Otjiwarongo: 13° | 29° Omaruru: 12° | 31° Windhoek: 12° | 27° Gobabis: 15° | 28° Henties Bay: 15° | 21° Wind speed: 28km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:39, High tide: 12:59, Low Tide: 18:48, High tide: 01:14 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 34km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:37, High tide: 12:57, Low Tide: 18:46, High tide: 01:12 Walvis Bay: 16° | 24° Wind speed: 39km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:37, High tide: 12:56, Low Tide: 18:46, High tide: 01:11 Rehoboth: 13° | 28° Mariental: 16° | 31° Keetmanshoop: 16° | 31° Aranos: 14° | 29° Lüderitz: 15° | 27° Ariamsvlei: 15° | 32° Oranjemund: 13° | 22° Luanda: 24° | 28° Gaborone: 14° | 28° Lubumbashi: 12° | 26° Mbabane: 14° | 30° Maseru: 10° | 24° Antananarivo: 11° | 23° Lilongwe: 15° | 28° Maputo: 18° | 31° Windhoek: 12° | 27° Cape Town: 14° | 19° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 15° | 25° Dar es Salaam: 22° | 28° Lusaka: 15° | 28° Harare: 13° | 28° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.17 | EUR to NAD 19.9 | CNY to NAD 2.54 | USD to NAD 18.5 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.31 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.67 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.64 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 133.95 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.64 | USD to EGP 47.9 | USD to KES 133.98 | USD to NGN 1379 | USD to ZAR 18.5 | USD to ZMW 27.1 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 76428.31 Up +0.50% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1700.24 Up +0.45% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13403.47 Up +0.61% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26113.71 Up +6.81% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 301.81/OZ DOWN -0.0011 | Copper US$ 4.53/lb UP +1.46% | Zinc US$ 2 924.30/T DOWN -0.08% | Brent Crude Oil US$ 83.49/BBP DOWN -0.0105 | Platinum US$ 955.87/OZ UP +0.28%