'Ons wag nie vir virus om te verdwyn'
'Ons wag nie vir virus om te verdwyn'

'Ons wag nie vir virus om te verdwyn'

Die Erongo Corona Care-inisiatief het moontlike Covid-19-getalle vir die streek bekendgemaak.
Leandrea Louw
Leandrea Louw – Dit is nie nou die tyd om vinger te wys nie, maar eerder vir alle partye om saam te werk. “Die minister het ons opdrag gegee om met Erongo Corona Care (ECC) te vergader. Dit is 'n teken dat ons wil saamwerk. Ek is jammer oor wat in die verlede gebeur het, maar nou is nie die tyd om vinger te wys nie, dit is 'n tyd waarin ons almal moet saamkom.”

So het die adjunkminister van gesondheid, dr. Esther Muinjangue, tydens 'n ontmoeting die naweek aan die kus met verteenwoordigers van die ECC gesê.

Die ECC-inisiatief is in die lewe geroep om die regering in sy stryd teen die Covid-19-pandemie by te staan. Volgens die voorsitter, mnr. Heritha Muyoba, het die ECC reeds in Maart/April 'n voorlegging aan die minister van gesondheid en maatskaplike dienste (MoHSS) in terme van die streek se gereedheid sowel as 'n vooruitskatting van moontlike gevalle gestuur. Die doel was om te verseker 'n streekplan is gereed wanneer die pandemie die streek tref.

“Ons het die geleentheid gemis,” het hy erken.

Hy het gemaan Walvisbaai moet as 'n gevallestudie gebruik word om te verseker elke ander streek in die land trap nie in dieselfde strik nie. Die ECC voorspel Walvisbaai sal teen die einde van die maand 2 000 Covid-19-gevalle hê en die getal kan teen Augustus 6 000 bereik.

“Terwyl sekere kenners voorspel het dat ons net 210 gevalle teen Januarie aanstaande jaar sal hê, is ons reeds verby die 1 000-merk. Ons moes eerder te véél voorberei het. Dit moet werklik vir ons almal 'n les wees,” het hy gesê.

Vroeër vanjaar het die ECC 'n plan van aksie in werking gestel om 'n veldhospitaal met 150 beddens te bou, wat steeds goedkeuring vereis. Volgens MoHSS is goedkeuring egter wel gegee en is dit onbekend hoekom die streek se gesondheidsdirektoraat dit nie deurgegee het nie.

Muinjangue sê sedert die eerste Covid-19-gevalle in die land aangeteken is, was die regering op sy pos.

Sy het erken planne moes dalk veel vroeër reeds in werking gestel gewees het en die ministerie moes teen 'n vinniger pas beweeg het.

Minister Kalumbi Shangula het gister 68 nuwe Covid-19-gevalle in die land aangekondig. Hiervan is 60 in Walvisbaai, een in Swakopmund, ses in Windhoek en een in Keetmanshoop. Vyftig is mans en 18 vroue. Die ouderdomme wissel van ses tot 68 jaar. Dit bring die totaal op 1 843 gevalle vir die land.

Die geval in Keetmanshoop is 'n 31-jarige Suid-Afrikaanse vragmotorbestuurder van Durban wat die land via Ariamsvlei binnegekom het. Hy is op 21 Julie getoets en het die land die volgende dag verlaat.

Die gevalle in Windhoek is soos volg:

• 'n 68-jarige man wat in die Windhoek Sentrale Hospitaal opgeneem is waar hy 'n prosedure ondergaan het en ontslaan is. Hy het op 24 Julie by 'n private hospitaal aangemeld met Covid-19-verwante simptome en is in 'n ernstige toestand opgeneem.

• 'n 38-jarige polisiebeampte en 'n kontak van 'n bevestigde geval. Hy het geen simptome nie en was nie in kwarantyn nie.

• 'n 23-jarige vrou wat by 'n plaaslike bank werk. Sy het geen kontak met 'n bevestigde geval of enige onlangse reisgeskiedenis nie. Sy het wel 'n verjaarsdagpartytjie bygewoon waar 'n persoon was wat van die kus af gereis het. Sy was nie in kwarantyn nie.

• 'n 29-jarige vrou met geen onlangse reisgeskiedenis of kontak met 'n bevestigde geval nie. Sy het wel Covid-19-verwante simptome.

• 'n 26-jarige vrou wat in die Katutura-staatshospitaal opgeneem en op 24 Julie ontslaan is. Sy het die volgende dag met Covid-19-verwante simptome by 'n private hospitaal om hulp aangeklop. Sy is 'n kontak van 'n bevestigde geval.

• 'n 48-jarige man met simptome en 'n kontak van 'n bevestigde geval.

Volgens Shangula is die geval in die Hardapstreek wat Sondag aangekondig is, 'n driejarige en nie 'n dertienjarige soos vroeër aangekondig is nie. Die kind is getoets nadat die familie deur die pa besoek is wat uit Walvisbaai gereis het.

Shangula sê nog 26 mense het intussen ten volle herstel. Tot op hede is 23 140 weefselmonsters getoets en die land het nou 1 734 aktiewe gevalle.

- [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-05-06

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Liverpool 4 vs 2 Tottenham Hotspur | Brighton 1 vs 0 Aston Villa | Chelsea 5 vs 0 West Ham | Manchester City 5 vs 1 Wolves | Brentford 0 vs 0 Fulham | Sheffield United 1 vs 3 Nottingham Forest | Burnley 1 vs 4 Newcastle | Arsenal 3 vs 0 Bournemouth | Luton Town 1 vs 1 Everton LaLiga: Rayo Vallecano 0 vs 1 Almería | Sevilla 3 vs 0 Granada | Valencia 0 vs 1 Deportivo Alaves | Celta Vigo 3 vs 2 Villarreal | Osasuna 0 vs 2 Real Betis | Mallorca 0 vs 1 Atletico Madrid | Girona 4 vs 2 Barcelona | Real Madrid 3 vs 0 Cadiz | Real Sociedad 2 vs 0 Las Palmas | Getafe 0 vs 2 Athletic Club SerieA: AS Roma 1 vs 1 Juventus | AC Milan 3 vs 3 Genoa | Empoli 0 vs 0 Frosinone | Hellas Verona 2 vs 1 Fiorentina | Cagliari 1 vs 1 Lecce | Sassuolo 1 vs 0 Inter Milan | Monza 2 vs 2 SS Lazio | Torino 0 vs 0 Bologna European Championships Qualifying: Plymouth Argyle 1 vs 0 Hull City | Birmingham City 1 vs 0 Norwich City | Coventry City 1 vs 2 Queens Park Rangers | Stoke City 4 vs 0 Bristol City | Swansea City 0 vs 1 Millwall FC | Leeds United 1 vs 2 Southampton | Ipswich Town 2 vs 0 Huddersfield Town | Sunderland 0 vs 2 Sheffield Wednesday | Rotherham United 5 vs 2 Cardiff City | Middlesbrough 3 vs 1 Watford | Leicester City 0 vs 2 Blackburn Rovers | West Bromwich Albion 3 vs 0 Preston North End English Championship: Plymouth Argyle 1 vs 0 Hull City | Birmingham City 1 vs 0 Norwich City | Coventry City 1 vs 2 Queens Park Rangers | Stoke City 4 vs 0 Bristol City | Swansea City 0 vs 1 Millwall FC | Leeds United 1 vs 2 Southampton | Ipswich Town 2 vs 0 Huddersfield Town | Sunderland 0 vs 2 Sheffield Wednesday | Rotherham United 5 vs 2 Cardiff City | Middlesbrough 3 vs 1 Watford | Leicester City 0 vs 2 Blackburn Rovers | West Bromwich Albion 3 vs 0 Preston North End Katima Mulilo: 18° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 14° | 34° Oshakati: 17° | 33° Ruacana: 16° | 33° Tsumeb: 17° | 32° Otjiwarongo: 14° | 30° Omaruru: 15° | 32° Windhoek: 13° | 28° Gobabis: 16° | 29° Henties Bay: 13° | 19° Wind speed: 19km/h, Wind direction: S, Low tide: 08:09, High tide: 14:30, Low Tide: 20:18, High tide: 02:00 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 20km/h, Wind direction: SW, Low tide: 08:07, High tide: 14:28, Low Tide: 20:16, High tide: 02:00 Walvis Bay: 14° | 21° Wind speed: 25km/h, Wind direction: SW, Low tide: 08:07, High tide: 14:27, Low Tide: 20:16, High tide: 02:00 Rehoboth: 15° | 29° Mariental: 16° | 31° Keetmanshoop: 17° | 31° Aranos: 18° | 31° Lüderitz: 13° | 22° Ariamsvlei: 17° | 34° Oranjemund: 12° | 20° Luanda: 25° | 29° Gaborone: 15° | 30° Lubumbashi: 16° | 27° Mbabane: 14° | 28° Maseru: 10° | 25° Antananarivo: 10° | 22° Lilongwe: 17° | 29° Maputo: 18° | 30° Windhoek: 13° | 28° Cape Town: 15° | 16° Durban: 18° | 29° Johannesburg: 16° | 25° Dar es Salaam: 22° | 30° Lusaka: 19° | 30° Harare: 14° | 29° Currency: GBP to NAD 23.18 | EUR to NAD 19.88 | CNY to NAD 2.56 | USD to NAD 18.47 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.31 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.67 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.64 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.23 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.62 | USD to EGP 47.9 | USD to KES 133.73 | USD to NGN 1379 | USD to ZAR 18.45 | USD to ZMW 26.99 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 76428.31 Up +0.50% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1700.24 Up +0.45% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13403.47 Up +0.61% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26113.71 Up +6.81% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 317.73/OZ UP +0.69% | Copper US$ 4.58/lb UP +1.10% | Zinc US$ 2 924.30/T DOWN -0.08% | Brent Crude Oil US$ 84.16/BBP UP +0.80% | Platinum US$ 967.50/OZ UP +1.22% Sport results: Premier League: Liverpool 4 vs 2 Tottenham Hotspur | Brighton 1 vs 0 Aston Villa | Chelsea 5 vs 0 West Ham | Manchester City 5 vs 1 Wolves | Brentford 0 vs 0 Fulham | Sheffield United 1 vs 3 Nottingham Forest | Burnley 1 vs 4 Newcastle | Arsenal 3 vs 0 Bournemouth | Luton Town 1 vs 1 Everton LaLiga: Rayo Vallecano 0 vs 1 Almería | Sevilla 3 vs 0 Granada | Valencia 0 vs 1 Deportivo Alaves | Celta Vigo 3 vs 2 Villarreal | Osasuna 0 vs 2 Real Betis | Mallorca 0 vs 1 Atletico Madrid | Girona 4 vs 2 Barcelona | Real Madrid 3 vs 0 Cadiz | Real Sociedad 2 vs 0 Las Palmas | Getafe 0 vs 2 Athletic Club SerieA: AS Roma 1 vs 1 Juventus | AC Milan 3 vs 3 Genoa | Empoli 0 vs 0 Frosinone | Hellas Verona 2 vs 1 Fiorentina | Cagliari 1 vs 1 Lecce | Sassuolo 1 vs 0 Inter Milan | Monza 2 vs 2 SS Lazio | Torino 0 vs 0 Bologna European Championships Qualifying: Plymouth Argyle 1 vs 0 Hull City | Birmingham City 1 vs 0 Norwich City | Coventry City 1 vs 2 Queens Park Rangers | Stoke City 4 vs 0 Bristol City | Swansea City 0 vs 1 Millwall FC | Leeds United 1 vs 2 Southampton | Ipswich Town 2 vs 0 Huddersfield Town | Sunderland 0 vs 2 Sheffield Wednesday | Rotherham United 5 vs 2 Cardiff City | Middlesbrough 3 vs 1 Watford | Leicester City 0 vs 2 Blackburn Rovers | West Bromwich Albion 3 vs 0 Preston North End English Championship: Plymouth Argyle 1 vs 0 Hull City | Birmingham City 1 vs 0 Norwich City | Coventry City 1 vs 2 Queens Park Rangers | Stoke City 4 vs 0 Bristol City | Swansea City 0 vs 1 Millwall FC | Leeds United 1 vs 2 Southampton | Ipswich Town 2 vs 0 Huddersfield Town | Sunderland 0 vs 2 Sheffield Wednesday | Rotherham United 5 vs 2 Cardiff City | Middlesbrough 3 vs 1 Watford | Leicester City 0 vs 2 Blackburn Rovers | West Bromwich Albion 3 vs 0 Preston North End Weather: Katima Mulilo: 18° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 14° | 34° Oshakati: 17° | 33° Ruacana: 16° | 33° Tsumeb: 17° | 32° Otjiwarongo: 14° | 30° Omaruru: 15° | 32° Windhoek: 13° | 28° Gobabis: 16° | 29° Henties Bay: 13° | 19° Wind speed: 19km/h, Wind direction: S, Low tide: 08:09, High tide: 14:30, Low Tide: 20:18, High tide: 02:00 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 20km/h, Wind direction: SW, Low tide: 08:07, High tide: 14:28, Low Tide: 20:16, High tide: 02:00 Walvis Bay: 14° | 21° Wind speed: 25km/h, Wind direction: SW, Low tide: 08:07, High tide: 14:27, Low Tide: 20:16, High tide: 02:00 Rehoboth: 15° | 29° Mariental: 16° | 31° Keetmanshoop: 17° | 31° Aranos: 18° | 31° Lüderitz: 13° | 22° Ariamsvlei: 17° | 34° Oranjemund: 12° | 20° Luanda: 25° | 29° Gaborone: 15° | 30° Lubumbashi: 16° | 27° Mbabane: 14° | 28° Maseru: 10° | 25° Antananarivo: 10° | 22° Lilongwe: 17° | 29° Maputo: 18° | 30° Windhoek: 13° | 28° Cape Town: 15° | 16° Durban: 18° | 29° Johannesburg: 16° | 25° Dar es Salaam: 22° | 30° Lusaka: 19° | 30° Harare: 14° | 29° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.18 | EUR to NAD 19.88 | CNY to NAD 2.56 | USD to NAD 18.47 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.31 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.67 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.64 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.23 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.62 | USD to EGP 47.9 | USD to KES 133.73 | USD to NGN 1379 | USD to ZAR 18.45 | USD to ZMW 26.99 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 76428.31 Up +0.50% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1700.24 Up +0.45% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13403.47 Up +0.61% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26113.71 Up +6.81% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 317.73/OZ UP +0.69% | Copper US$ 4.58/lb UP +1.10% | Zinc US$ 2 924.30/T DOWN -0.08% | Brent Crude Oil US$ 84.16/BBP UP +0.80% | Platinum US$ 967.50/OZ UP +1.22%