Ons Taal: Onlangs/Resent
My roomysvriendin stuur eergister vir my ’n dringende SMS om, soos sy dit noem, “gekwalifiseerde raad” te vra. Sy wil weet of die woord “resente” ’n propperse Afrikaanse woord is, want volgens haar is die regte Afrikaanse woord vir die Engelse recent tog “onlangs”. Natuurlik sou ek dadelik kon terugskryf om te sê haar gevoel is 100% reg en ek sal baie beslis ook eerder “onlangs” gebruik, maar ter wille van die gekwalifiseerdheid van my raad, trek ek toe eers mý getroue raadgewer, die HAT, nader.
Ja, beide woorde pronk daar. “Onlangs” kan ingespan word as bywoord én byvoeglike naamwoord. ’n Goeie, getroue Germaanse woord.
Hoewel die betekenisverklaring by “resent” baie eenders is, word dié woord slegs as byvoeglike naamwoord gebruik en die herkomsetiket dui aan dit kom van die Romaanse of Latynse recens af.
So, my SMS aan haar sê beide is propperse Afrikaanse woorde, maar ek verkies die meerfunksionele “onlangs”. (Terloops, “propperse” staan ook in die HAT.)
Die dringendheid van haar vraag het haar duidelik genoop om sommer uit die staanspoor meer as een mens se raad te vra, want sy stuur toe ’n ander gekwalifiseerde antwoord aan my. Daardie antwoord slaan die spyker op die kop! Ek het dit só geniet, dat ek nou eers bietjie met haar kalwers gaan ploeg:
In gewone spreektaal gebruik ons asseblief tog “onlangs”.
Die woord “resente” word gebruik in ’n hoogs akademiese of literêre konteks, of jy kan dit gebruik as jy ’n baie stywe bolip het.
Petronella F Genis
[email protected]
Vakgroep Afrikaans
Unam

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie