Ons Taal: Idiomestryd
Die ATKV-idiomestryd op die Afrikaanse diens van die NBC, deesdae beter bekend as Hartklop FM, gaan eersdaags weer ons ore lekker kielie. Ek sien sommer baie uit daarna! Wat my selfs nog meer opgewonde maak, is dat mense geen prysgeld as wortel voor hul neuse nodig het om idiome te gebruik nie. Maar die grootste lekkerte vir my was om hierdie week by twee afsonderlike geleenthede te beleef hoe Namibiërs idiome skep!
Die eerste een was my suster wat laat weet het hulle beplan om voor die kraak van die doring te vertrek. Kyk, ek ken van douvoordag vertrek, maar hierdie uitdrukking het ek nog nie voorheen gehoor nie. Sy verduidelik toe dat dit haar skoonma, Sandra Steenkamp, se weergawe van die Engelse before the crack of dawn is. Dit is dus wat mens noem volksetimologie, soos wat ons ook byvoorbeeld sien in woorde soos bloekomboom vir die Engelse blue gum tree of bromkatjies vir bronchitis. Bromkatjies beskryf op die koop toe ook die klank van ‘n benoude bors – soos katjies wat in jou bors brom.
Die tweede een het my heerlik laat lag! Skoolvriendin Sarita de Wit staan voor die hondekosrak en kopkrap, want daar is toe nie die regte pakkie kos wat haar hond verkies nie. Sy sê die hond kom weliswaar van die DBV af, maar is vreeslik kieskeurig met wat sy eet.
My verduideliking was dat dit nou is wat gebeur wanneer niets iets word. Waarop sy antwoord: “Ja, soos ek altyd sê – dis wat gebeur wanneer broodkrummel bretsjen word!”
Petronella F Genis
[email protected]
Vakgroep Afrikaans
Universiteit van Namibië

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie