Ons Taal: Doodgaan
Hallo Ma,
Ek wil vandag met Ma praat oor doodgaan. Nee, Ma, ek is nie depressief nie. Ek is aan die vraestelle nasien. En my studente laat my steeds dink. Sover ek weet is “afsterwe” nie 'n witmenswoord nie. Nee, want daar word pleinweg gepraat van “doodgaan”. Of sommer net “dood”. “So-en-so is gister dood.” Net so. En as ons meer gevoelvol wil wees, dan praat ons van “oorlede”.
My studente praat van “afsterwe”. “Doktor, ek kan nie volgende week klas toe kom nie, want my ouma het afgesterwe.”
En dan besef ek dat ek nie moet argumenteer dat ek nie sy ouma in die klas verwag nie, maar homself – vir ten minste drie van die vyf weeksdae.
Maar Ma, ek sê dit nie. Want immers betoon my student vir 'n week lank respek aan die afgestorwene. Maar dis die táál, dis hulle táál wat vir my gevoelvol is. “Afgesterwe.” Ek het wel wit predikante gehoor praat van die “afgestorwenes”.
Is “afgestorwenes” meer aanvaarbaar omdat dit verder weg van ons af voel, omdat dit afstand van die dood suggereer? Dit is asof ons witmense nou maar eenmaal nie met gemak die proses van doodgaan benoem nie. Partykeer is dit só skrikwekkend dat die woord “dood” of “doodgaan” heeltemal vermy word: “Ai Hermien, ek is so jammer oor jou Ma. . . ”
En dan sal ons nie vra “Hermien, en hoe is sy dood?” nie. Dit klink net gewoon ongevoelig. Jy bly liewer stil en wag om te sien of Hermien kans sien om jou te vertel hoe dit gebeur het.
My Ma, ek leer so baie van my studente. Oor taal. Oor die lewe. En dat jy die dood maar mag benoem en daaroor mag praat. En daarom, Ma, ek mis Ma steeds, en dis al byna ag jaar gelede. . .
Nee, Ma, dit is al byna ag jaar gelede dat jy afgesterf het.
Baai, my stowwerige Ma.
www.windhoekwoordfees.com
Dr. Chrisna Beuke-Muir
Vakgroep Afrikaans
Universiteit van Namibië
[email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie