Ons Taal: Betotterd
Ons Taal: Betotterd

Ons Taal: Betotterd

Chrisna Beuke-Muir
Hallo Ma,

Is dit ses weke laas dat ons só gesels het – so, op die regterkantse kolom van die koerant? Die mooiste woorde wat ek ken, kom van my jongste kleinseuntjie. Ja, Ma se agterkleinkind, en nee, Mamma, julle twee het mekaar hartseerlik genoeg, misgeloop . . . As Alex my sien en vir my sê Ouma, ek het jou vreeslik gemis, sonder dat hy koekies of lekkers wil hê, dan krummel ek twaalf mandjies vol! En in dié twaalf mandjies is daar soveel manna dat ‘n skare honger mense gevoed kan word. Dat hy vir my, sy bitterlike deurmekaar ouma, só kan mis – daarvan ben ik ondersteboven!

Van deurmekaar gepraat: Van iemand wat taamlik gek is, sê die Nederlanders dat hy (let wel, nie sý nie) vliegen ziet, terwyl daar hogenaamd geen vlieg iewers te sien is nie. As laerskoolkind het ek die uitdrukking je bent betotterd in je bovenkassen gehoor, en dié uitdrukking, wat klink na die taal waarin Oupa At gebid het, was (blykbaar net vir my) vreeslik snaaks! (En Ma, die klap wat mens van die windmeul weg het . . . Ek het altyd gedink dit is die Hollanders se skuld dat ons is soos ons is!) Van bovenkassen na bovenkamer: Zijn bovenkamer is te huur is nog ‘n sêding wat mens laat wonder. As een van jou kamers te huur is, beteken dit dat daai kamer leeg is. Daar’s niks nie! Hanna!

Ek kom af op die oorspronklike Javaanse uitdrukking “amok maak”. Dit het vroeër gedui op ‘n vorm van raserny onder die Javane as gevolg van ‘n oormatige gesnuif van opium, en dit het deur die jare heen ‘n uitdrukking geword wat dui op allerhande vorme van opstandigheid en rusiesoekery. Maar gelukkig is Ma se dogter ‘n sagte, liewe, gedienstige vrou, de wijze, wat liewer toegeven as om haar te verset. En nou Ma, as Ma so dubbeld vou? Wat’s so snaaks!

Ek mis Ma. Regtig.

Baai Ma.

Dr. Chrisna Beuke-Muir

Vakgroep Afrikaans

Universiteit van Namibië

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-05-04

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Luton Town 1 vs 1 Everton | Chelsea 2 vs 0 Tottenham Hotspur LaLiga: Getafe 0 vs 2 Athletic Club SerieA: Torino 0 vs 0 Bologna Katima Mulilo: 12° | 32° Rundu: 13° | 32° Eenhana: 13° | 32° Oshakati: 15° | 32° Ruacana: 15° | 33° Tsumeb: 16° | 30° Otjiwarongo: 13° | 29° Omaruru: 13° | 31° Windhoek: 12° | 27° Gobabis: 15° | 28° Henties Bay: 14° | 21° Wind speed: 24km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:39, High tide: 12:59, Low Tide: 18:48, High tide: 01:14 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 32km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:37, High tide: 12:57, Low Tide: 18:46, High tide: 01:12 Walvis Bay: 16° | 25° Wind speed: 36km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:37, High tide: 12:56, Low Tide: 18:46, High tide: 01:11 Rehoboth: 14° | 29° Mariental: 17° | 31° Keetmanshoop: 19° | 31° Aranos: 16° | 31° Lüderitz: 15° | 25° Ariamsvlei: 18° | 33° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 25° | 28° Gaborone: 14° | 27° Lubumbashi: 12° | 26° Mbabane: 12° | 26° Maseru: 11° | 25° Antananarivo: 13° | 24° Lilongwe: 13° | 27° Maputo: 19° | 28° Windhoek: 12° | 27° Cape Town: 15° | 19° Durban: 17° | 28° Johannesburg: 16° | 25° Dar es Salaam: 24° | 28° Lusaka: 15° | 27° Harare: 13° | 28° #N/A #N/A