Ons taal
Ons taal

Ons taal

Af. . . nee, OP
Sanet de Waal
Voel my ons moet deesdae ekstra lig loop om nie AF te raak nie, juis daarom wip ek wild en wakker deur die radiokanale om te lande te kom OP ’n stukkie mooi musiek om my OP te kikker, of dalk ’n paragraaf of drie goeie nuus te hoor. Maar as ek my kan kry, dan hoor ek al weer die C-woord se statistieke of iets dergliks, dan wip ek maar weer verder. Sondagoggend vat ons gesin toe die pad om 11:00 die Goeie Nuus te gaan luister daar onder die reuse boom van Droombos. Ons het ons op die gras tuisgemaak, en OPgemerk dat daar ’n hele klomp OPgewekte bekendes ook is. Dis soveel lekkerder as ’n diens wat jy op eie houtjie sit en kyk. En toe preek Fourie oor die woordjie OP. Onder Moses se leiding, moes die Israeliete te midde van vreesaanjaende dodelike slange OPkyk om gered te word. Ons moet dit ook doen. In plaas van tou OPgooi, OPgee of OPhou glo, moet ons weet waarvandaan ons Hulp kom. Dan kan ons weer OPstaan en ander OPtel en OPstyg uit die neerslagtigheid wat dreig om soos dodelike slange ons lewensvreugde te verwurg. Net soos die koperslang aan die paal die Israeliete van ouds se gifprobleem OPgelos het, was daar ’n Redder aan ’n kruis wat Sy Vrede aan ons skenk, ongeag watter dinge om ons (en soms in ons) krioel. As ek begin AF voel, moet ek weet ek kyk nie OP nie, maar eerder na dinge en mense om my. Kyk OP! Toe ons daar wegry kom lê die OPtimisme lekker breed in my gemoed. En ek hoor hoe my seun sê dat hy nou sommer weer OPgewonde oor die lewe is!

Petronella F Genis

[email protected]

Vakgroep Afrikaans

Universiteit van Namibië

Kommentaar

Republikein 2025-08-27

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer