Ons taal
Versmelte woorde
Deesdae hoor ons baie van kontaminasie, maar wag, ek praat nie van besoedeling nie. Wel van versmelting, waar twee woorde of uitdrukkings, met min of meer dieselfde betekenis, vermeng. Ons dink gelyktydig aan beide, en dan gebruik ons ’n mengsel van die twee. ’n Bekende voorbeeld hiervan is verseker en assureer wat sommer verassureer word. Bogenoemde en voorafgaande raak dalk bogaande. En uitdrukkings soos sy hou skool en sy gee onderwys word alledaags versmelt tot sy gee skool. Aangaande en betref versmelt weer tot aanbetref. Aanbied en presenteer tot aanpresenteer. Afskuwelik en gruwelik kan lei tot iets afgruweliks. In die taalkunde word versmelting nie beskou as ’n produktiewe vorm van woordeskatuitbreiding nie, en lei dit dikwels tot woorde wat lomp en verkeerd is. Daarom kan ons maar bietjie fyn trap daarvoor, maar hier en daar lei die proses tog tot ‘n juweeltjie. ‘n Versmelte woord, wat ek tog heel funksioneel vind, is miljuisende om aan te dui dat dit regtig baie was, sonder dat ‘n meer spesifieke aantal daaraan gekoppel word. Maar my gunsteling is gevorm in die mond van ’n kleuter wat waarskynlik gedink het aan miljoen en spul om ‘n groot hoeveelheid aan te dui, en toe sê hy spuljoen. So, laat ons tog nie vandag ons verkwel nie, want daar is nog ‘n spuljoen redes om dankbaar te wees dat ons in Namibië woon. Byvoorbeeld ons pragtige koggelmanders (van koggelman en salamander)
Petronella F Genis
Vakgroep Afrikaans
Universiteit van Namibië
[email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie