Ons taal
Doodloopstraat
Hallo Ma
Elke derde Woensdagoggend besef ek dis nou my beurt vir ’n bydrae eerskomende Vrydag in Ons Taal. So vra ek vanoggend vir my Chrisjan: waaroor sal ek vandag skryf? En toe dink ek aan die Nederlandse gedig van Marthinus Nijhoff, getiteld “Impasse”, in Afrikaans, “doodloopstraat”, ’n situasie tydens die onderhandelingsproses waar geen verder vordering moontlik is nie.
In die Nijhoff-gedig staan die spreker in die kombuis by sy geliefde met ’n vraag wat hy al dae lank vir haar wou vra. Omdat hy egter verleë is oor dit wat hy wil vra, wag hy vir die regte oomblik; hy wil graag hê dat sy die vraag onvoorbereid moet beantwoord, sonder om te veel na te dink. Ek verstaan dit so goed, want ek wil ook soms dié vraag aan my geliefde of my kinders, vir dié wat ná aan my is, vra. Soos vir Ma. Hoekom? Omdat dit vir my saak maak wat julle dink, omdat julle belang daarby het. Vir die buitestander sal dit dalk vreemd wees hoekom dié spesifieke vraag soveel moed van my sou verg, behalwe as hy of sy ook in die skoene van die Nijhoff-karakter staan daar in die kombuis by sy vrou. Hy wag dat die fluitketel begin kook en die wasem opwaarts skiet, en vra dan:
“waarover wil je dat ik schrijf?”
Daarna, die laaste strofe, die cul-de-sac:
“En dan antwoordt zij, terwijl zij langzaamaan
druppelend water op de koffie giet
en zich de geur verbreidt: “ik weet het niet.”
Platgeslaan, kop-oor-gat? Maar, dink ek:
Mens kon seker so reageer
sou jy vergeet het dat
jy die vraag in ’n onbewaakte
oomblik gevra het.
Stop haar volgende keer
eers ’n wyn in die hand,
gaan sit langs haar,
en vra dan weer.
Gedink Ma sou verstaan!
Baai my Ma.
Jou kop-oor-gat kind.
Dr. Chrisna Beuke-Muir
Vakgroep Afrikaans
Universiteit van Namibië
[email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie