Ons taal
Snaaks
Wat sal jy sê as ek jou vra om ’n sin te maak met die woord "snaakse", soos in haha-snaaks? Die kans is dat jy iets sal sê soos: "Dit was ’n snaakse grap". Volgens die HAT sal jy ook doodreg wees. Maar is die HAT doodreg? Ek het onlangs met byvoeglike naamwoorde begin werk (of dalk het hulle met my begin werk ...).
My vraag is hoe die voorbeeldsinnetjies en -frases in woordeboeke werk om byvoeglike naamwoorde te illustreer. By die lemma "snaaks" in die HAT word die volgende twee frasetjies by die haha-betekeniswaarde aangebied: "snaakse vent", "snaakse grappe". (Die vorm "snaaks" laat ek vir later.) En toe gaan kyk ek in ’n korpus van meer as tien miljoen woorde, saamgestel uit ’n groot versameling Afrikaanse tekste, hoe "snaakse" in werklikheid gebruik word.
In omtrent net 25 van die eerste 100 gevalle word "snaakse" in die haha-betekenis gebruik. In die ander 75 gaan dit oor "snaaks" as "vreemd" of "abnormaal". Ek vind ook omtrent glad nie "snaakse grap" nie. Maar ek vind meer gevalle van "baie snaakse grap ". Waarom meer van die een en minder van die ander? Die rede is dat "snaakse grap" ’n pleonasme is: ’n Grap is per definisie snaaks, daarom is "snaakse grap" ’n redelik nuttelose ding om te sê.
Mense sê egter meer hóé snaaks ’n grap is, daarom meer gevalle van bv. "baie snaakse grap". Die navorsing toon dat "snaakse vent" en "snaakse grap" waarskynliker sal verwys na ’n grap of vent wat vreemd of abnormaal is, as haha-snaaks. Die HAT het hier snaakse voorbeelde gekies.
Prof. Herman Beyer
Vakgroep Afrikaans
Universiteit van Namibië
[email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie