Ons taal
Basta met boedel oorgee
Ek probeer regtig om nie ’n pyn in die nek te wees (of een te kry!) elke liewe keer as iemand ’n Engelse woord in ’n Afrikaanse sin ingooi nie, want soos my een kollega op ’n dag gesê het, toe iemand alweer stomgeslaan wou raak toe hy hoor ons is Afrikaanse dosente, “Hoor hier, dis nie my job om jou taal te check nie!”
Ek wil regtig nie mense ongemaklik maak en eerder laat swyg wanneer ek in die geselskap is nie, maar sowaar as vet gaan ek dit ook nie net gelate aanvaar as iemand so totaal gemaklik raak met die idee dat vandag se jongmense kamtig net die Engelse woorde ken en dat almal nou maar so met hulle moet praat nie.
Daar is immers jongmense wat wel die mooi Afrikaanse woorde soos profielfoto, selfoon, e-pos en dies meer gebruik, en om eenvoudig te beweer dat almal (selfs kursusaanbieders!) nou maar liefs moet hou by die Engelse woorde, is na my mening ’n klap in die gesig van ons (lekker soepel en vars) taal en ’n teken dat die jonger generasie se intelligensie onderskat word.
Komaan! Hulle is ons toekoms, belê in hulle, daag hulle uit om hulle kennis sowel as hulle woordeskat uit te brei. Hulle het beslis die intellektuele vermoë om enige alledaagse tegnologiese vordering (en daarmee saam die terme) te kan baasraak.
Hoe kan ons van hulle verwag om eendersyds dissipline aan die dag te lê om verantwoordelike besluite te neem en gedrag te toon (onder andere met die gebruik van moderne tegnologie), maar in dieselfde asem demonstreer ons vir hulle dat ons lui en roekeloos boedel oorgee met hoe ons praat.
Kom ons daag onsself uit om aan te hou leer as ons ander wil leer.
Petronella F Genis
[email protected]
Vakgroep Afrikaans
Universiteit van Namibië

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie