Ons taal
Net so lekker soos 'n goeie whiskey
Hallo Ma
Weet Ma dat boeke en ‘n lekker whiskey baie gemeen het: albei laat ‘n goeie smaak op die tong agter. Albei vra ‘n nugter gees.
Nee Ma, wag nou, ek . . .
En ja Ma, ek weet - gee my kans om te verduidelik!
‘n Goeie boek skep vir die leser ‘n kombinasie van tyd en ruimte waarvan sy/hy dalk nog nie voorheen gehoor het nie. Tyd en ruimte raak ook meer vloeibaar soos wetenskapfiksie veld wen.
‘n Goeie boek maak van ons onaktiewe stringe DNA wakker - min of meer soos ‘n embrio die kans gegun word om te ontwikkel as hy koers kies na die baarmoeder.
‘n Goeie whiskey gee aan hierdie skugter dogtertjie van Ma ‘n goeie smaak op die tong, én ‘n rustigheid in die gemoed om soms losser (oeps, verkeerde woord!), anders te dink – los van die geografiese swaartekrag wat haar voete op die aarde hou, en die 24-uur-siklus wat haar – soos ‘n werkersmier – rondjaag tussen werkplek en huis.
Die verskil? Na die eerste slukkie van die goeie voggies kan ek maar net sê: “Man, man, man ... ma’ jy’s lekker!”, en ek hoef nie te sê hoekom nie. Want ek is nie ‘n kenner nie, net ‘n genieter.
Vir ‘n boekjuffrou by Unam is 'n boek ‘n ietsie meer gekompliseerd: ek moet méér sê, en daarom gaan resensiekunde deel word van ons nuwe B.A. Honneursgraad. Dan word daar onder andere ondersoek ingestel na individuele style, objektiwiteit en die teorie van resensiekunde.
En Ma, hoewel die resensering van literêre werke die hooffokus sal wees, sou ek ook graag wou dat films en dramas ter sprake kom. Dit is nou vir 2019.
Nee Ma, die dag is nou skaars vyr ure lank. Al wat ek agter die blad het, is ’n lekker ou koffietjie!
Baai my Ma
Jou skugter dogter
Dr. Chrisna Beuke-Muir
Vakgroep Afrikaans
Universiteit van Namibië
[email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie