Ons taal
Hipotese van taalkundige relatiwiteit
Die hipotese van taalkundige relatiwiteit, ook populêr maar taalkundig onakkuraat bekend as die Sapir-Whorf-hipotese, stel dat die struktuur van ’n taal die wêreldbeskouing of denkwyse van sy sprekers beïnvloed.
Mense se persepsie word dus deur hulle gesproke taal bepaal. Eksperimentele navorsing het bevind dat daar in bepaalde gevalle wel ’n verband aangetoon kan word tussen ’n persoon se taal en die persoon se persepsie van sekere dinge, maar die hipotese is nog ver van volstrek waar bewys.
Aspekte van die hipotese kom te voorskyn in die kontrastiewe taalkunde, met ander woorde, wanneer ’n mens verskillende tale op verskillende vlakke met mekaar kontrasteer.
Kom ons vergelyk hoe in Afrikaans en Duits gesê kan word dat die virus nou vinnig en wyd versprei. In al twee tale word die virus verpersoonlik: Dis nie ’n ding nie – dis ’n mens of ’n dier. Hy “slaan nou werklik toe”, hy “maai nou onder ons”, ens. Maar hoe die Duitsers dit sê, tref my: “Er greift um sich hin”. Dit beteken dat hy versprei, maar die letterlike vertaling is: “Hy gryp om hom rond”.
Dit skep voor my geestesoog – baie duideliker as wat ons dit in Afrikaans met so min woorde verbeeld – ’n uitgestrekte veld fyn, heldergeel blommetjies, waardeur ’n skim sonder sorg ploeg en algaande blindweg na links en regs, na voor en agter gryp, en elke keer, sonder uitsondering, ’n klou vol opraap en verslind. En al wat agterbly, is vergruisde stingels en vertrapte, verleppende blare, en al hoe meer donker gate in die goue veld.
Prof. Herman Beyer
Vakgroep Afrikaans
Universiteit van Namibië
[email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie