Ons taal
E-taal
Hallo Ma
Dis nou sulke tyd. Dit kom nader. Ek kan voel. Die mistiek wil uiteindelik van my besit neem. Ek dink so, hoop so, verlang daarna. Vandag het ons juis daaroor gepraat in die poësieklas.
E-klasse. Nee Ma, dit het niks met klanke te doen nie. Die e staan vir elektronies. Vroeër het ek ingestap in ? lesinglokaal waar van my studente reeds op my wag, en ander later indrentel (of invlieg) nadat ek al begin het.
Vandag sien ek hoe hulle een vir een hul opwagting op die skerm voor my maak. Soms vyf uit die tien, soms 25 uit die 30, of dalk net nege uit die 50. “Want” sê hulle, “Dok, die internet mors”.
Maar dit maak nie eintlik saak nie, want ek maak ‘n stemopname van die lesing, ? lêer wat my stemopnemer met 12 syfers merk, wat ek daarna herdoop met ? datum en onderwerp, en dit in die regte koevert, in die regte boks op my hardeskyf stoor – sodat ek dit dan aan die klas kan e-pos ... as alles verby is, die mistiek dikwels afgewater deur die afwesigheid van drie-dimensionele siele.
Dikwels is daar ‘n naam van ? mens in die klein vierkant op my skerm – as ek gelukkig is. Soms net die naam van ‘n selfoon se maak, of ? emotikon wat die illusie moet skep dat ek voor ‘n entoesiastiese gehoor staan ... sit ... voor my rekenaar. Aan húlle kant hoor ek dan kindertjies, moeg en klaerig as hulle ma laatmiddag tuis kom en gewoon voor die rekenaar gaan plaasneem om vir 90 minute lank na ‘n wildvreemde vrou te luister. (Mute/unmute mic). Ons honde reageer dikwels op hulle honde. ‘n Geluid vra tog om reaksie.
Ma, hoor my tog, en wýs jouself aan my in al jou dimensies.
Liefde, jou E-kind
Dr. Chrisna Beuke-Muir
Vakgroep Afrikaans
Universiteit van Namibië
[email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie