Ons politieke bybel
Ons politieke bybel

Ons politieke bybel

Mandy Rittmann
WILLEM DE WET SKRYF:

Lees ek vanmôre (Donderdag) so ’n bietjie op in ons politieke Bybel oor waar ons vandaan kom en waarheen ons op pad is en ek is verward.

Sien aangehaalde gedeeltes onder.

Eers het ons gestruggle om van die bose koloniale aanslag ontslae te raak. Toe steel en corrupt ons alles en nou wil ons, ná 30 jaar, met nuwe wetgewing die oorblyfsels van die vergange era dwing om hul besighede vir die wenners van die strugglestryd te gee, want die wenners wen nie en hulle kom nêrens sonder die verloorders se insig en ywer nie?

Nee kerêls, dink bietjie en kom met iets vorendag wat eervol, eerlik en deurdag voorkom en nie net nog ’n plundertog is om die minderheid verder te intimideer, belas en te verjaag nie. Ons het mekaar nodig en om diefstal en gedwonge oorgawe te wettig gaan nie die oplossing wees vir ons toekoms nie.

Hoe kan julle die vismanne toesluit as julle in die agtergrond besig is om wetgewing te skryf wat die Fishrot na ’n kermis gaan laat lyk?

Verder sien ek ook dat die wyses destyds die insig op skrif gesit het om om te sien na die oues van dae. En die paragraaf word tot vandag mis gelees en die oues struggle in armoede voort, terwyl die uitverkorenes feeste vier, vrot hospitale goedkeuring gee en kantore bou.

Die werklikheid is dat die wat nou straatname verander, wapenwetgewing skryf, NEEEB-planne maak en vis eet ook eendag gaan oud word en dan wonder ek wat hulle sal dink van die pensioen wat nie ’n mens vir een week kan laat lewe nie. Vergeet nog van ’n maand!

Maar by daardie tyd het hulle al hul kloue op die pensioengeld geslaan en NEEEB is ’n werklikheid; hulle word in Kuba se hospitale behandel en hul kinders het Oxford-grade. Die vakansiehuise in die Maldives en Frankryk word woonhuise en die Mercs het Ferrari's geword.

En die belastingbetalers van Namibië struggle gedweë voort om net ’n dag te kan oorleef, belasting te betaal en vir die korruptes te stem.

Die lewe is 'n lied

“Whereas these rights have for so long been denied to the people of Namibia by colonialism, racism and apartheid;

Whereas we the people of Namibia – Have finally emerged victorious in our struggle against colonialism, racism and apartheid;

(f) ensurance that senior citizens are entitled to and do receive a regular pension adequate for the maintenance of a decent standard of living and the enjoyment of social and cultural opportunities”.

Kommentaar

Republikein 2026-04-01

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer