Ons moet eers op 40 (vas) begin werk – navorser
'n Onlangse studie noem juis die veroudering van die wêreld se bevolkings as 'n uitstekende geleentheid om hoogs vaardige ouer werknemers in diens te neem.
Vida Booysen
Genoeg tyd. Dit is die grootste behoefte van vandag se werkende geslag, wat meegesleur word in die malle gejaag van voltydse beroepe, afhanklike kinders en ouers wat al hoe ouer word.
Maar daar is genoeg tyd om dit alles gedoen te kry, sê Laura Carstensen, direkteur van die Universiteit van Stanford se navorsingsentrum oor hoë ouderdom.
Die enigste probleem, volgens dié navorser, is dat ons lewens verkeerd ingerig is.
'n Vrou wat vandag 40 jaar oud is, kan verwag om nog gemiddeld 45 jaar lank te leef, terwyl 5% kan verwag om 100 jaar oud te word.
Die gemiddelde 40-jarige man sal gemiddeld nog 42 jaar kan leef.
Baie van hierdie mense sal in die laaste dekades van hul leeftyd nog gesond genoeg wees om aan te hou om werk te doen wat nie fisieke arbeid behels nie.
'n Onlangse studie deur Deloitte oor veranderings in die werkplek noem juis die veroudering van die wêreld se bevolkings as 'n uitstekende geleentheid om hoogs vaardige ouer werknemers in diens te neem, maar dan moet 'n nuwe loopbaanmodel gevind word.
So waarom pak ons steeds al ons loopbaan- en gesinsverpligtinge in 'n paar dolle dekades in?
Eerder as 'n vier dekade lange professionele naelloop wat skielik op 65 eindig, redeneer Carstensen, moet ons begin beplan vir marathon-loopbane wat langer duur maar ook meer onderbrekings het – vir studie, gesinsbehoeftes of ander verpligtinge buite die werkplek.
Nuwe model nodig
“Ons het 'n nuwe model nodig,” sê sy oor die huidige norme waarvolgens mense hul loopbane beplan.
Die huidige model werk nie want dit erken nie dat daar ook ander aansprake op ons tyd is nie.
“Mense werk voltyds gedurende die tyd wanneer hulle kinders moet grootmaak. Jy kry nooit 'n blaaskans nie. Jy beweeg nooit buite dié raamwerk nie. Jy verfris nooit nie. Ons hou net aan teen hierdie onvolhoubare pas en dan trek ons die prop uit,” sê Carstensen.
Die bereiking van 'n hoë ouderdom, soos sy dit sien, gaan nie oor die ideaal van onsterflikheid wat Silicon Valley nastreef nie, maar fokus eerder daarop om instellings te herontwerp sodat dit die lewens kan akkommodeer van mense wat langer lewe.
Die mensdom is deesdae gesonder as in enige ander tydperk van ons geskiedenis en dit skep eiesoortige uitdagings vir ons pensioenstelsels en ekonomiese vooruitgang.
In 2020 sal daar 13 lande wees waarin een uit elke vyf mense ouer as 65 is. In 2014 was daar net drie sulke lande.
Om skielik op te hou werk sodra jy 65 word, soos die geval in baie lande is, is nie meer uit 'n finansiële oogpunt prakties vir 'n groeiende aantal werknemers nie.
Gegewe die skielike verlies aan status en sosiale interaksie wat ná aftrede kan volg, is dit ook nie sielkundig beskou 'n gesonde skuif nie.
Begin later
Carstensen stel voor dat die werk wat 'n mens in jou leeftyd verrig, oor 'n langer tydsraamwerk strek. So kan jou opleiding of vakmanskap langer duur, selfs deur die jare wanneer baie mense met 'n gesin begin.
In só 'n model hoef jou voltydse loopbaan ideaal gesproke eers op 40 te begin. Loopbane sal langer duur met 'n geleidelike oorgang na deeltydse werk in die latere jare voor volle aftrede wanneer iemand 80 jaar oud is.
Dis 'n heel ander padkaart as wat ons tans volg en dit verg ook opofferings – veral geldelik.
Dit beteken meer maer jare wanneer 'n mens soos 'n student of 'n vakleerling leef.
“Maar baie tuisbly-ouers maak reeds onder die huidige werkmodel daardie opoffering,” sê Carstensen.
Deeltydse werk
Sy sê die werkplek moet ook gewoond raak daaraan om ouers te huisves wat net deeltyds wil werk totdat hul kinders groter is.
Die Deloitte-verslag waarsku ook dat mensehulpbronne beskerm moet word in 'n tydperk waarin alle ontwikkelde lande se geboortekoers daal.
“Ons hoef net te kyk na Japan, die wêreld se oudste bevolking, waar 'n tekort van rofweg 'n miljoen werkers bestaan,” lui die verslag en waarsku 'n manier moet gevind word waarop ouer, gesonde mense kan aanhou werk.
“Die geskarrel sal net aanhou tensy ons die patroon verander waarop ons 'n gesin en 'n loopbaan probeer kombineer en wat so diepgewortel in ons lewenswyse is,” sê Carstensen
Sy sê daar is geen rede waarom ons die huidige patroon hoef te volg nie. Die moeilikste ding sal egter wees om dit te begin verander.
“Maar as die verandering eers begin het, sal dit sonder twyfel net voortstoom.”
- Netwerk24/Bronne: Quartz, Deloitte

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie