Ons Mense: Om te bak, is om vreugde te saai
Ons Mense: Om te bak, is om vreugde te saai

Ons Mense: Om te bak, is om vreugde te saai

Shiwomeho is ’n kantoorbestuurder, bakker, opleier en besigheidseienaar en sê haar passie maak almal gelukkig.
Tanja Bause
Tanja Bause - “Ek het nie eintlik geweet wat ek eendag wil word nie. Ek het net geweet ek wil nie arm wees nie en ek wil geleerd en my ouers se trots en vreugde wees,” sê Shiwomeho Kalla.

Shiwomeho besit Shiwa The Baker en is op Oranjemund gebore en getoë.

“My kinderjare op Oranjemund was ongelooflik. Die dorp is soveel meer as ’n klomp huise, skole en besighede. Om daar groot te word, het my persoonlikheid gevorm. My ouers het ook ’n groot rol gespeel in wie en wat ek vandag is. Ek het in ’n beskeie huis grootgeword met ouers wat baie op dissipline ingestel was.”

Volgens Shiwomeho het opofferings wat haar ouers gemaak het die beste geleenthede vir haar en haar broers en susters moontlik gemaak om suksesvol te wees in alles wat hulle aanpak.

“Ek sê altyd vir mense ek is op diamante gebore en grootgemaak is, dus nog voordat ek gevorm is, was ek bestem om te skyn,” sê sy.

Shiwomeho het haar matriekjaar in Windhoek aan die Hoërskool Delta afgesluit en het meer as 10 jaar se werkservaring in Namibië se private sektor.

“Ek het in die kantoor van die uitvoerende beampte van die Namibiese Kamer van Handel en Nywerheid (NCCI) gewerk. Ek was ook uitvoerende assistent by Martha Namunjebo-Tilahun en haar man Haddis Tilahun (bekende Namibiese sakelui).”

Shiwomeho het ook Business Today, ’n ekonomie-joernaalprogram van die nasionale uitsaaier (NBC), aangebied.

Vandag is sy kantoorbestuurder by ’n internasionale ontwikkelingsbank se plaaslike kantoor.

Bakkery

Maar sy is ook die vrou agter Shiwa The Baker.

“Ek het in 2016 begin bak, maar die besigheid eers twee jaar gelede begin,” sê sy.

Aanvanklik het Shiwomeho gebak om ’n ekstra inkomste te verdien, maar dit het vinnig ’n passie geword.

“Om te bak, is ’n ingewikkelde kuns, maar tog so elegant en boonop baie ontspannend. Dit help my om my angs te bestuur. Ek is chronies gekwel en vind die struktuur en fokus wat bak vereis, kalmerend,” sê sy.

Die onderneming se naam is uit haar eie naam afgelei.

“’n Baie goeie vriendin, Ndapewoshali Ashipala, wat ook die skeppende meesterbrein agter die handelsmerk is, het met die naam vorendag gekom,” sê sy.

Volgens Shiwomeho is elke dag in die kombuis anders.

“Die oomblik dat ek die kombuis betree, moet ek begin. Ek kan nie tyd mors nie, omdat ek voltyds werk. My tyd in die kombuis is redelik beperk. Ek is egter met ’n bakassistent van onskatbare waarde geseën, wat my regterhand is,” sê sy.

Volgens haar behels die besigheid baie meer as om net koek uit die oond te haal.

“Die afgelope 18 maande het ek daaraan bestee om die Shiwa The Baker-handelsmerk te skep en te posisioneer. Saam met Azania Communications, handelsmerkbestuurders, het ons tot dusver daarin geslaag om ’n betroubare, geloofwaardige en herkenbare handelsmerk op te bou wat sy beloftes voortdurend gestand doen.”

Shiwomeho bied private en korporatiewe kliënte ’n verskeidenheid gebakte lekkernye.

“Een van my hoogtepunte tot dusver was die verjaardagkoek wat ek vir pres. Hage Geingob se 78ste verjaardag gebak het. En ook die koek wat ek vir die 29ste Onafhanklikheidsviering gebak het.”

Shiwomeho is nie net ’n kantoorbestuurder, bakker en besigheidseienaar nie – sy bied ook baklesse aan.

“Die klasse is bedoel om bakliefhebbers en beginners ’n basis te gee om die wetenskap van bakwerk te verstaan en hulle met die beste baktegnieke toe te rus. Die afgelope twee jaar het ons al meer as 250 deelnemers gehad. Die meeste was vroue en baie van hulle het nou al met hul eie besighede begin. Die volgende klasse sal in Windhoek, Swakopmund en Ongwediva aangebied word.”

Sy sê haar hoofdoelwit is haar handelsmerk se volhoubaarheid.

Shiwomeho het onlangs ’n boetiekbakkery op Ongwediva geopen.

“My visie is om ’n erflatinghandelsmerk te skep, wat homself kan hernu deur die verandering in tegnologie, werknemers en verbruikers. Ek sien myself aan die stuur van ’n wêreldwye handelsmerk – ’n markleier op kulinêre gebied met ’n wêreldklas opleidingsakademie, terwyl ek steeds heerlike, dekadente koeke bak,” sê sy.

“Om te bak, is ’n dubbele dosis asemrowendheid: Dit maak my baie gelukkig en gebakte lekkernye maak almal gelukkig. Om vreugde te kan versprei, is ’n uiters bemagtigende ervaring.”

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-06-16

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 9° | 28° Rundu: 8° | 28° Eenhana: 8° | 30° Oshakati: 9° | 28° Ruacana: 10° | 29° Tsumeb: 10° | 25° Otjiwarongo: 8° | 25° Omaruru: 9° | 26° Windhoek: 5° | 22° Gobabis: 8° | 25° Henties Bay: 13° | 20° Wind speed: 31km/h, Low tide: 05:24, High tide: 11:44, Low Tide: 17:20, High tide: 23:54 Swakopmund: 14° | 16° Wind speed: 30km/h, Wind direction: NE, Low tide: 05:22, High tide: 11:42, Low Tide: 17:18, High tide: 23:52 Walvis Bay: 14° | 20° Wind speed: 30km/h, Wind direction: NE, Low tide: 05:22, High tide: 11:41, Low Tide: 17:18, High tide: 23:51 Rehoboth: 8° | 24° Mariental: 10° | 27° Keetmanshoop: 12° | 25° Aranos: 9° | 27° Lüderitz: 13° | 18° Ariamsvlei: 12° | 26° Oranjemund: 14° | 20° Luanda: 22° | 24° Gaborone: 9° | 22° Lubumbashi: 8° | 26° Mbabane: 8° | 21° Maseru: 5° | 17° Antananarivo: 14° | 23° Lilongwe: 11° | 25° Maputo: 16° | 25° Windhoek: 5° | 22° Cape Town: 16° | 21° Durban: 13° | 24° Johannesburg: 10° | 17° Dar es Salaam: 21° | 32° Lusaka: 12° | 24° Harare: 10° | 22° Currency: GBP to NAD 23.2 | EUR to NAD 19.61 | CNY to NAD 2.52 | USD to NAD 18.33 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.37 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.7 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.4 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.42 | USD to AOA 852.48 | USD to BWP 13.64 | USD to EGP 47.66 | USD to KES 128.48 | USD to NGN 1481.64 | USD to ZAR 18.34 | USD to ZMW 25.9 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1714.67 Up +2.20% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13162.23 Down -0.2% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26417.6 Up +1.09% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 332.65/OZ UP +1.31% | Copper US$ 4.49/lb UP +0.63% | Zinc US$ 2 809.00/T UP 0.04% | Brent Crude Oil US$ 82.77/BBP UP +0.50% | Platinum US$ 957.56/OZ UP +1.01% Sport results: Weather: Katima Mulilo: 9° | 28° Rundu: 8° | 28° Eenhana: 8° | 30° Oshakati: 9° | 28° Ruacana: 10° | 29° Tsumeb: 10° | 25° Otjiwarongo: 8° | 25° Omaruru: 9° | 26° Windhoek: 5° | 22° Gobabis: 8° | 25° Henties Bay: 13° | 20° Wind speed: 31km/h, Low tide: 05:24, High tide: 11:44, Low Tide: 17:20, High tide: 23:54 Swakopmund: 14° | 16° Wind speed: 30km/h, Wind direction: NE, Low tide: 05:22, High tide: 11:42, Low Tide: 17:18, High tide: 23:52 Walvis Bay: 14° | 20° Wind speed: 30km/h, Wind direction: NE, Low tide: 05:22, High tide: 11:41, Low Tide: 17:18, High tide: 23:51 Rehoboth: 8° | 24° Mariental: 10° | 27° Keetmanshoop: 12° | 25° Aranos: 9° | 27° Lüderitz: 13° | 18° Ariamsvlei: 12° | 26° Oranjemund: 14° | 20° Luanda: 22° | 24° Gaborone: 9° | 22° Lubumbashi: 8° | 26° Mbabane: 8° | 21° Maseru: 5° | 17° Antananarivo: 14° | 23° Lilongwe: 11° | 25° Maputo: 16° | 25° Windhoek: 5° | 22° Cape Town: 16° | 21° Durban: 13° | 24° Johannesburg: 10° | 17° Dar es Salaam: 21° | 32° Lusaka: 12° | 24° Harare: 10° | 22° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.2 | EUR to NAD 19.61 | CNY to NAD 2.52 | USD to NAD 18.33 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.37 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.7 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.4 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.42 | USD to AOA 852.48 | USD to BWP 13.64 | USD to EGP 47.66 | USD to KES 128.48 | USD to NGN 1481.64 | USD to ZAR 18.34 | USD to ZMW 25.9 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1714.67 Up +2.20% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13162.23 Down -0.2% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26417.6 Up +1.09% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 332.65/OZ UP +1.31% | Copper US$ 4.49/lb UP +0.63% | Zinc US$ 2 809.00/T UP 0.04% | Brent Crude Oil US$ 82.77/BBP UP +0.50% | Platinum US$ 957.56/OZ UP +1.01%