Ons land gaan ten gronde (Deel 6)
J A ROSSOUW SKRYF:
’n Belangrike rede waarom ons land ten gronde gaan, moet by die dienslewering of eerder by die gebrek aan dienslewering van ons plaaslike regering op voetsoolvlak gesoek word.
Ek is ’n pensoenaris en woon na my aftrede reeds vir meer as 20 jaar op Okahandja. Omdat ek nog ’n lewendige belangstelling het in wat om my aangaan, het ek deur die jare twee lêers vol berigte, foto’s en spotprente oor die gebeure in ons dorp versamel en so betrokke by die daaglikse gebeure hier geraak.
Uit die meer as 200 items is 95% van die inhoud negatief. Meer as 100 daarvan het die afgelope drie jaar verskyn en dit is dus logies dat die wyse waarop die dorp deur die plaaslike munisipaliteit bestuur word ernstig bevraagteken moet word.
Ek het met die loop van tyd verskeie briewe hieroor aan die koerant geskryf, die nodige foto’s geneem en dit is verskeie kere gepubliseer. Ek beoog om eersdaags weer ’n reeks artikels met foto’s beskikbaar te maak, as oorsig hoe ons dorpie die afgelope 20 jaar ten gronde gegaan het.
Ek wil begin deur my munisipale rekeninge van Januarie 2001 met die rekening van Januarie 2020 te vergelyk:
JANUARIE 2001
Waterverbruik N$213,81
KragN$224,25
VullisverwyderingN$40,00
BelastingN$95,83
RioolN$32,95
Totaal N$606,84
JANUARIE 2020
Waterverbruik N$875,34 (+309,4%)
Water basiesN$85,22 (nuut)
Water subtotaalN$960,56 (+349,3%)
KragN$1 100,00 (+390,5%)
VullisverwyderingN$121,00 (+202,5%)
BelastingN$500,32 (+422,1%)
RioolN$197,43 (+499,2%)
Totaal N$3 839,87 (+532,8%)
EINA!
Eenvoudig gestel: ek betaal in totaal net meer as ses keer meer. Dit beteken 'n gemiddelde, jaarlikse verhoging van 26,6% - vêr bo die jaarlikse inflasie.
Dit is beslis nie volhoubaar nie, veral nie as topamptenare reusesalarisse kry en weinig doen om dienslewering op te skerp nie.
Op 2018.11.20 het ’n artikel in The Namibian verskyn onder die opskrif “Okahandja over-charges residents for 10 years”. Dis opgevolg met ’n artikel in die New Era van 2019.01.31 onder die opskrif “Okahandja residents endure ‘inflated’ municipal bills.”
Daar was tot op hede geen geskrewe terugvoering aan die inwoners van Okahandja hieroor, waarvan ek bewus is nie.
Sterkte aan alle “ratepayers.”

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie