Ons kort u2019n teengif vir toksiese manlikheid
Ons kort u2019n teengif vir toksiese manlikheid

Ons kort ’n teengif vir toksiese manlikheid

Adolf Kaure
Ons leef in ’n samelewing waar ons as mans gekondisioneer is en gewoond daaraan is om te dink dis die norm om geregtig op ’n vrou se tyd en liggaam te wees.

Hierdie oorheersing, wat sommige vroue – veral dié met ’n swak selfbeeld – selfs aantreklik vind, is waarskynlik ’n groot rede vir al Namibië se maatskaplike probleme – veral huishoudelike kwessies.

Baie van hierdie toksiese manlikheid is wat oorgebly het van wat dekades gelede die norm was in byna alle kulture op aarde.

Moenie vergeet dat vroue – selfs in die VSA wat al sedert 1776 onafhanklik is – eers in die 1920’s stemreg gekry het.

In baie Afrika-kulture was dit normaal vir vroue om teen hul sin met ryk en magtige mans te trou, vir wie hulle nie lief is nie, omdat dit vir haar familie status en geld sou beteken.

Poligamie is ook een van die goed wat bly toon hoe toksiese manlikheid ’n aanvaarde praktyk geword het.

Ná sy eerste vrou swanger of ouer raak, sou ’n man ’n tweede, jonger vrou vir sy seksuele behoeftes kry en nie eers met die eerste vrou hieroor beraadslaag nie. Hy sou dit net doen omdat hy die man van die huis is.

Ander toksiese voordele wat hiermee gepaard gaan, is die sogenaamde reg op seks.

Daar is mans wat hul vrouens voortdurend verkrag. En hierdie vrouens kan nie hul huwelike of verhoudings verlaat nie, omdat hulle en hul kinders van die man afhanklik is. Die vrou ly dus in stilte.

Die polisie en die samelewing hou hulle doof vir vrouens wat seksuele geweld in hul huwelike ervaar, omdat die opvatting bestaan dat dit hul plig is om hul mans te bevredig. Boonop het die man ’n prys vir sy bruid betaal, wat hom glo die reg gee om te enige tyd toegang tot sy vrou se liggaam te hê.

Vroue word ook al eeue lank as bediendes gesien.

Selfs op skool word kinders oor geslagsrolle geleer.

Maar God het mans en vroue gelyk geskape. Eva is uit Adam se rib geskape sodat sy sy helper en kameraad kan wees, nie ’n bediende wat moet was, skoonmaak en kook nie.

Om die waarheid te sê, in enige gesonde verhouding of huwelik moet daar skofte en tydroosters wees waardeur paartjies die huistake verdeel.

Vroue het ook beroepe en hou die pot aan die kook, nes mans, en daarom moet beide verantwoordelik vir huistake wees.

Selfs as die vrou nie ’n werk het nie, sal ’n goeie man met volwassenheid moue oprol om met huistake te help.

Dis waaroor ware manlikheid gaan, en oor leiding deur ’n goeie voorbeeld te stel.

Die arme vrou het soms nie eers sitplek by die huis nie, sy word nie toegelaat om die afstandbeheerder te gryp en te kyk wat sy wil nie, en moet met elk van die man se menings saamstem. Dít is toksies.

Vroue het ook die reg om te besluit wat om met hul inkomste te doen.

Baie van hulle word van hul inkomste beroof en geslaan omdat hulle meer as hul mans verdien.

’n Ware man is in beheer van sy emosies.

Net ’n klein seuntjie verhef sy stem teenoor ’n vrou en is voortdurend emosioneel en nie in staat daartoe om homself uit te druk sonder om sy humeur te verloor nie.

Meer moet in ons gemeenskappe gedoen word om mans van voor af op te voed; seuns moet van jongs leer hoe ’n ware man moet optree.

Kerke, skole en alle instellings moet voorkeur aan die opvoeding van ons mans verleen, want vroue sterf weens geslagsgeweld, ander word deur hul mans verkrag, van hul salarisse beroof en deur vernedering emosioneel mishandel.

Kommentaar

Republikein 2024-05-03

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Chelsea 2 vs 0 Tottenham Hotspur European Championships Qualifying: Coventry City 1 vs 2 Ipswich Town English Championship: Coventry City 1 vs 2 Ipswich Town Katima Mulilo: 12° | 32° Rundu: 13° | 32° Eenhana: 13° | 32° Oshakati: 15° | 32° Ruacana: 15° | 33° Tsumeb: 16° | 30° Otjiwarongo: 13° | 29° Omaruru: 13° | 31° Windhoek: 12° | 27° Gobabis: 15° | 28° Henties Bay: 14° | 21° Wind speed: 20km/h, Wind direction: SW, Low tide: 05:43, High tide: 12:02, Low Tide: 17:54, High tide: 00:23 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 19km/h, Wind direction: W, Low tide: 05:41, High tide: 12:00, Low Tide: 17:52, High tide: 00:21 Walvis Bay: 16° | 25° Wind speed: 28km/h, Wind direction: W, Low tide: 05:41, High tide: 11:59, Low Tide: 17:52, High tide: 00:20 Rehoboth: 14° | 29° Mariental: 17° | 31° Keetmanshoop: 19° | 31° Aranos: 16° | 31° Lüderitz: 15° | 25° Ariamsvlei: 18° | 33° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 25° | 28° Gaborone: 14° | 27° Lubumbashi: 12° | 26° Mbabane: 12° | 26° Maseru: 11° | 25° Antananarivo: 13° | 24° Lilongwe: 13° | 27° Maputo: 19° | 28° Windhoek: 12° | 27° Cape Town: 15° | 19° Durban: 17° | 28° Johannesburg: 16° | 25° Dar es Salaam: 24° | 28° Lusaka: 15° | 27° Harare: 13° | 28° Currency: GBP to NAD 23.17 | EUR to NAD 19.92 | CNY to NAD 2.54 | USD to NAD 18.51 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.31 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.68 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.62 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 133.94 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.64 | USD to EGP 47.9 | USD to KES 133.98 | USD to NGN 1379 | USD to ZAR 18.51 | USD to ZMW 27.1 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 76046.88 Down -0.04% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1692.54 Up +0.10% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13322.85 Up +0.03% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26113.71 Up +6.81% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9146.09 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 297.76/OZ DOWN -0.0112 | Copper US$ 4.51/lb DOWN -0.0041 | Zinc US$ 2 918.30/T UP 0.22% | Brent Crude Oil US$ 83.83/BBP DOWN -0.0054 | Platinum US$ 955.60/OZ UP +0.01% Sport results: Premier League: Chelsea 2 vs 0 Tottenham Hotspur European Championships Qualifying: Coventry City 1 vs 2 Ipswich Town English Championship: Coventry City 1 vs 2 Ipswich Town Weather: Katima Mulilo: 12° | 32° Rundu: 13° | 32° Eenhana: 13° | 32° Oshakati: 15° | 32° Ruacana: 15° | 33° Tsumeb: 16° | 30° Otjiwarongo: 13° | 29° Omaruru: 13° | 31° Windhoek: 12° | 27° Gobabis: 15° | 28° Henties Bay: 14° | 21° Wind speed: 20km/h, Wind direction: SW, Low tide: 05:43, High tide: 12:02, Low Tide: 17:54, High tide: 00:23 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 19km/h, Wind direction: W, Low tide: 05:41, High tide: 12:00, Low Tide: 17:52, High tide: 00:21 Walvis Bay: 16° | 25° Wind speed: 28km/h, Wind direction: W, Low tide: 05:41, High tide: 11:59, Low Tide: 17:52, High tide: 00:20 Rehoboth: 14° | 29° Mariental: 17° | 31° Keetmanshoop: 19° | 31° Aranos: 16° | 31° Lüderitz: 15° | 25° Ariamsvlei: 18° | 33° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 25° | 28° Gaborone: 14° | 27° Lubumbashi: 12° | 26° Mbabane: 12° | 26° Maseru: 11° | 25° Antananarivo: 13° | 24° Lilongwe: 13° | 27° Maputo: 19° | 28° Windhoek: 12° | 27° Cape Town: 15° | 19° Durban: 17° | 28° Johannesburg: 16° | 25° Dar es Salaam: 24° | 28° Lusaka: 15° | 27° Harare: 13° | 28° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.17 | EUR to NAD 19.92 | CNY to NAD 2.54 | USD to NAD 18.51 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.31 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.68 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.62 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 133.94 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.64 | USD to EGP 47.9 | USD to KES 133.98 | USD to NGN 1379 | USD to ZAR 18.51 | USD to ZMW 27.1 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 76046.88 Down -0.04% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1692.54 Up +0.10% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13322.85 Up +0.03% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26113.71 Up +6.81% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9146.09 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 297.76/OZ DOWN -0.0112 | Copper US$ 4.51/lb DOWN -0.0041 | Zinc US$ 2 918.30/T UP 0.22% | Brent Crude Oil US$ 83.83/BBP DOWN -0.0054 | Platinum US$ 955.60/OZ UP +0.01%