Ons is sonder visie, ons kort rigting
Augetto Graig
Namibië spartel in die diep en rowwe waters van die moderne wêreld waar die getye en die onvoorspelbare strome van verwikkelinge vinnig verander.
Veilige drywende hawens word in ’n oogwink onder toe getrek en die mees onverwagte gevare duik skielik van nêrens op om enige sekerheid sonder waarskuwing te verpletter.
Voor hierdie jaar al weke oud was, is die Amerikaanse demokrasie amper deur ’n staatsgreep oorrompel. Suid Afrika word bedreig deur ’n nuwe variant van die coronavirus en die man wie Rusland se leierskap die ergste bedreig, vlieg terug na sy moederland nadat hy ’n gifaanval oorleef het.
Plaaslik het die jaar reeds die doodsnikke van die nasionale lugredery gebring en onlangs neem die burgemeester van die hoofstad en die woordvoerder van die president mekaar aan in die sosiale media oor onbetaalde skuld. Die punt is dinge verander nou nog vinniger as ooit tevore.
In hierdie soort omstandighede benodig mens ’n plan. Daar moet ’n duidelike visie vir die toekoms wees om na te streef.
Daar moet rigting wees om almal op koers te hou. Namibië het dit nie. Amptelik is ons nog toegewy aan Visie 2030. Dit ten spyte daarvan dat ons skaars nege jaar vanaf 2030 is en nog nie naby die verwesenliking van die helfde van Visie 2030 se doelwitte is nie.
Die ergste is Visie 2030 self. Gevorm in ’n tyd wat verby is om by te kom by lande wat self nou ver van daardie ou mikpunte beweeg het, en sonder enige gedagte vir die impak van inligting en kommunikasietegnologie, die verandering tot geopolitiek, of die ware aard van die Namibiese mense. Visie 2030 is ’n buitelanders droom wat geen wortel in Namibiese grond het nie.
Namibiers is glad nie van nature fabriekswerkers nie. Ons kan dit aanleer as dit moet, maar ek vra met trane in my oë “Waar pas dit in?”.
Hoekom kan ons toekomsplanne nie ons werklikhede in ag neem nie? Hoekom kan ons nie bou op die gawe wat die Here ons wel gegee het nie? Is dit onmoontlik om weer te leer hoe om só te boer dat die vee en die wild op die vlaktes wemel soos in die oertye? Kan ons nie ons natuurlike vriendelikheid en gasvryheid benut nie? Is dit nie moontlik dat ons die goud uit Namibië se dieptes begin haal en daarop bou nie? Hoekom moet ons altyd anders probeer wees? Sien niemand hoe kyk die wêreld ons met bewonderende oë aan nie?
Ons moet ernstig aan ons selfbeeld aandag gee. Hierdie minagting van wie ons is en waar ons vandaan kom, moet stop! Dit het al so diep gesink dat dit tot in ons drome vloei. Ek glo dit is een rede hoekom ons leiers soos buitelanders wil wees dat hulle ons eie kultuur, ons eie kuns, ons eie menswees glad nie waardeer nie.
So gemaak en so gelaat staan, sê die spreekwoord, en miskien is daar niks wat ons meer vir ons leiers kan doen nie en niks meer wat ons van hulle kan verwag nie. Maar ek en jy is nie in daardie selfde droom vasgevang nie. Die meeste van ons is liewer in ’n nagmerrie van armoede, desperaatheid en swaarkry vasgevang. Ten minste weet ons dat dit die werklikheid is waarin ons lewe, omdat dit te seermaak om ’n fantasie te wees.
Kyk na binne. Wees eerlik oor jou eie tekortkominge. Sien jou goeie eienskappe en werk om hulle so te verbeter dat niemand dit beter as jy kan doen nie. So sal jy jouself verlos van hierdie rigtinglose skip van ’n land, of miskien help om Namibië weer op koers te kry.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie