u2018Ons hu00e9t vlieu00ebniersu2019
u2018Ons hu00e9t vlieu00ebniersu2019

‘Ons hét vlieëniers’

Die vakbond vra die regering moet dringend ingryp en sê plaaslike vaardighede ís beskikbaar om poste te vul.
Catherine Sasman
Catherine Sasman – Om sy werwing van buitelandse vlieëniers te regverdig, het Air Namibia teruggekap en gesê geen land is heeltemal selfversorgend nie en benodig vaardigheidsondersteuning op spesifieke gebiede.

Die lugredery het wenkbroue gelig ná sy aankondiging dat hy buitelandse vlieëniers gaan werf.

Air Namibia het gesê 90% van sy vlieëniers is Namibiërs wat plaaslik opgelei is en hy bestee nagenoeg N$30 miljoen per jaar aan die opleiding van plaaslike vlieëniers.

Die lugredery sê hy het daarin geslaag om meer as 40% vlieëniers op te lei uit voorheen benadeelde groepe.

Dit sluit 20 vroulike vlieëniers in.

“Vlieëniers wat benodig word vir die tipe vliegtuie wat Air Namibia gebruik, word nie maklik in Afrika gevind nie, hoewel dít stadigaan verander. Reëls en regulasies vir vlieëniers, hul vlugure, lisensiëring en dies meer is baie streng en moet te alle tye, veral wat veiligheid betref, nagekom word.

“Dit beteken daar moet ‘n groot getal vlieëniers wees waaruit Air Namibia kan kies,” het mnr. Paul Nakawa, die lugredery se woordvoerder, gesê.

Nakawa sê toe vakante poste beskikbaar was, het die lugredery besluit om plaaslike én internasionale werwingsagentskappe te gebruik om dit te adverteer, omdat interne prosesse en beleide dit nie moontlik maak om individuele vlieëniers aan te stel nie.

“Buitelandse vlieëniers word op ‘n ad hoc-basis vir ‘n tydperk van ses maande aangestel. Die ooreenkoms is hernubaar tot ons ‘n plaaslike vlieënier kan kry om die posisie te vul,” het Nakawa gesê.

NCCU NIE OORTUIG

Die Namibië Kajuitbemanningsvakbond (NCCU) het gister gesê hy is geskok oor die lugredery se voorneme om buitelandse vlieëniers in diens te neem vir tussen N$138 695 en N$150 392 (teen die huidige wisselkoers) per maand.

Mnr. Willem Christiaan, die NCCU se president, en mnr. Reginald Kock, die vakbond se regsraadgewer, het gesê buitelandse vlieëniers se salarisse is belastingvry en sluit bonusse, vervoertoelae en akkommodasie uit.

Hulle het verder gesê Air Namibia beplan om buitelandse vlieëniers op tweejaarkontrakte aan te stel, eerder as op die ad hoc-grondslag vir tydperke van ses maande, waarvan die lugredery praat.

Nog meer ontstellend, het hulle gesê, is Air Namibia se “eenvoudige regverdiging” van ‘n vaardigheidstekort.

Die internasionale markverwante salarispakkette aan buitelandse vlieëniers is ook “nonsens”, het hulle gesê.

“Ons kan nie met bestuur saamstem dat die vereiste vaardighede nie plaaslik beskikbaar is nie. Het hulle (Air Namibia se bestuur) ‘n vaardigheidsoudit gedoen? Hoekom ondersoek hulle nie die groei- en bevorderingsbeleid nie? Ons het Namibiese vlieëniers wat by die lugredery in diens is en die nodige vaardighede en ervaring het om tot kaptein van hul vloot bevorder te word. Ons het nie buitelandse kapteins nodig nie,” het Christiaan gesê.

Hy het gesê die bestuurspan het nie ‘n plan in werking om seker te maak die sogenaamde buitelandse kundiges word uiteindelik deur Namibiërs vervang wanneer hul kontrakte verstryk nie.

Hy het gesê die diens- en vrystellingsraad het geen aansoeke ontvang om meer buitelandse vlieëniers aan te stel of om hulle sonder Namibiese adjudante in diens te neem nie.

Die NCCU het ook ‘n ondersoek van stapel gestuur om seker te maak buitelandse vlieëniers het permitte, en om vas te stel of hulle hiervan vrygestel is.

Of die arbeidsgelykheidskommissie hiervan in kennis gestel is, moet ook bepaal word.

Verder sê die NCCU die lugredery beplan om buitelandse vlieëniers teen buitensporige koste vir die maatskappy aan te stel, maar sy lede het sedert 2016 nog geen salarisverhogings ontvang nie.

Terselfdertyd het die NCCU gesê die lugredery moes kos- en drankdienste, sowel as vermaak vir kliënte op lang vlugte besnoei om sy bedryfskoste te verminder.

Die vakbond eis dat die minister van werke en vervoer, mnr. John Mutorwa, asook die minister van staatsondernemings, mnr. Leon Jooste, ‘n behoorlike oudit van salarisse en voordele in die lugredery van stapel stuur om regverdigheid te verseker.

Verder word ‘n onmiddellike ondersoek geëis oor waarom plaaslike vlieëniers nie bevorder word nie en wat die lugredery doen om seker te maak buitelanders word nie teen groot koste vir die maatskappy en die land in diens geneem nie.

Christiaan sê Air Namibia verkies die aanstelling van buitelandse vlieëniers omdat hulle nie aan die Namibiese Vlieëniersvereniging behoort nie en afstand van hul regte as werknemers doen.

“Namibiërs wat deur die regering verteenwoordig word, moet krities na hierdie aspek kyk,” het Kock voorgestel.

“Vlieg ons ‘n storm binne om neer te stort? Ons het dringende ingryping deur die regering nodig.”

Air Namibia sê die kies en aanstel van vlieëniers word streng deur die Namibië Burgerlugvaartowerheid (NCAA), asook die Internasionale Lugvervoervereniging (Iata) gereguleer.

“As gevolg van die koste verbonde aan vlieëniers se aanstelling, het die maatskappy ‘n loopbaanstrategie vir kajuitpersoneel, wat daarop gemik is om hierdie skaars vaardighede te behou,” het Nakawa gesê.

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!