Ons hoef nie saam te stem
ANDRÉ COETZEE SKRYF:
Na aanleiding van die hof se uitspraak en regter Thomas Masuku se opdrag dat die tweeling van 'n gay paartjie nie reisdokumente na Namibië kan kry nie, wil ek graag die volgende sê:
Eerstens wil ek aan regter Thomas Masuku baie dankie sê en hom gelukwens dat hy die ruggraat het om standpunt in te neem teen die inbring van die twee kinders na Namibië waar hulle in omstandighede grootgemaak gaan word wat volgens my absoluut teen die norm en natuur indruis. Ek pleit dat regter Masuku standpunt sal neem teen die tipe omstandighede en nie sal ingee in toekomstige, soortgelyke situasies nie.
Almal gryp in vandag se samelewing na menseregte, LGBT-regte en wat nog ook al se regte. Selfs die krimineel het regte.
Met al die regte wat almal het om hul verdraaide en perverse idees te staaf, laat ons 'n paar ander regte buite rekening: Wat van (in die geval) die kind se regte? Wat van die normale man en normale vrou se regte. Wat van die wetsgehoorsame persoon se regte, en die lys kan ook aangaan.
Kinders het 'n pa en 'n ma in hul lewens en opvoeding nodig. Die twee babas kan nie vir hulself dink nie, maar ons wat kan onderskei tussen reg en verkeerd kan help om soiets teen te staan.
Volgens Lukas 17:1: "En Hy het vir sy dissipels gesê: 'Dit is onvermydelik dat die struikelblokke kom, maar wee hom deur wie hulle kom.'"
Lukas 17:2: "Dit is beter vir hom as 'n meulsteen aan sy nek gehang en hy in die see gegooi word, as dat hy een van hierdie kleintjies sou laat struikel."
Nêrens in die natuur maak twee manlike diere kleintjies groot nie. Diere reageer op instink en het nie die vermoë om tussen reg en verkeerd te onderskei nie. Ook gee diere uiting aan hul behoeftes en drange op enige plek en tyd.
Mense is geskape as die meerdere oor diere met die vermoë om te redeneer, tussen reg en verkeerd te onderskei, besluite te neem en is veronderstel om 'n gewete te hê en om hul gesonde verstand te gebruik en om hul drange te beheer.
Hoe gaan die mensdom oorleef as mense van dieselfde geslag wil kinders kry? In die geval is 'n surrogaatma, ek neem aan sy is betaal, gekry om kinders in die lewe te bring vir twee mans.
Het diere meer morele waardes as mense? Moet die meerdere, die mens, se moraliteit verder verval?
Mense en selfs sommige kerke wat die dinge goedpraat – ek veralgemeen en is bereid om pa te staan vir die uitlating, met bewyse – is hieraan skuldig: die verdraaiing en minagting van die Woord van God.
Ek praat van God as Jesus Chrustus. God het Adam (man) en Eva (vrou) geskape. Die gevolge van sonde het immorele en perverse praktyke soos LGBT tot gevolg.
God is baie duidelik in Sy woord in Levitikus 20:13 en Romeine 1:26-27.
God haat sonde, so hoe regverdig mense dan dié gedrag? Wel, hier is die antwoord: die suiwer Evangelie van God moet opsystaan, want denominasies verkondig humanisme. Met ander woorder, die mens is belangriker as God.
Kan ons dié praktyke net eenvoudig los om voort te stoomroller omdat “human rights” en die wêreld totaal besig is om oor te kantel na liberalisme, immoraliteit en leuens?
Ek kan nie meer stil bly nie! As mense te bang is om hul teen die immorele uit te spreek dan moet jy nie huil as dit aan jou deur kom klop nie.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie