Ons glo . . .
MOGAMAT SALIE SABAN SKRYF:
Ons windpomp pomp nie meer.
Kraal is leeg, opstal verweer.
Kole stoof die brou.
Geloof sterk in ons gebou.
Danke Hemel Heer.
Op ons knieë gaan ons neer.
Die veld is droog.
Die vee soek na kos.
Biddend in geloof sal ons bly.
Reent kom, ons vee nie langer ly.
Veld is geel en droog.
Ek is hartseer met 'n traan in my oog.
Met geloof baie sterk.
Reent is 'n wonderwerk.
Pyn en lyding my Heer.
Stort U seën oor ons neer.
Met 'n hart so sterk.
Vroeg inni kraal met werk.
Dankbaar Vader van genade.
Amen ja, amen.
Ons windpomp pomp nie meer.
Kraal is leeg, opstal verweer.
Kole stoof die brou.
Geloof sterk in ons gebou.
Danke Hemel Heer.
Op ons knieë gaan ons neer.
Die veld is droog.
Die vee soek na kos.
Biddend in geloof sal ons bly.
Reent kom, ons vee nie langer ly.
Veld is geel en droog.
Ek is hartseer met 'n traan in my oog.
Met geloof baie sterk.
Reent is 'n wonderwerk.
Pyn en lyding my Heer.
Stort U seën oor ons neer.
Met 'n hart so sterk.
Vroeg inni kraal met werk.
Dankbaar Vader van genade.
Amen ja, amen.
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie