Ons 'celebrities' in die bank
Catherine Sasman - Ek moes onlangs noodgedwonge 'n paar kere in 'n ry in 'n bank staan om kontant aan iemand te gaan inbetaal. Sonder uitsondering was ek elke keer vasgenael in 'n lang, kronkelende tou wat so te sê by die deur uitpeul en teen 'n slakkepas vorentoe beweeg.
Terwyl die tyd aanstap, is daar eintlik niks wat jy kan doen nie, behalwe om jou plek in die ry op te gee en uit frustrasie uit te storm, tot die volgende keer wanneer jy dit maar weer moet doen.
Andersins staan en speel mense op selfone, krap in hul neuse, trek hul hare reg, wieg van een voet na die ander, krap rond in handsakke, staar met leë oë na die groot horlosie teen die muur, vroetel met hul polshorlosies, tel die mense voor hulle af, probeer kyk of hulle grootmaat-inbetalings gaan maak, probeer uitwerk hoe lank hulle met die teller besig sal wees, gaap lang gape en herhaal.
Daar is altyd 'n bietjie van 'n oplewing as 'n openbare figuur (soos politici, berugte swendelaars, tenderpreneurs en so meer) die bank instap. Hiérdie mense is per slot van sake Namibië se celebrities.
Gewoonlik val hulle ook maar ewe gedweë agter in die ry in, krap ook maar die kop en staar teen die muur vas. Hulle is egter pynlik bewus van al die oë op hulle.
Een van die definisies van 'n celebrity is tog the state of being well known, of hoe? Ons kén dié mense op hul name, soms wéét ons wat hulle doen of nie doen nie, soms weet ons, of vermoed ons met watter skelmstreke hulle besig is.
En húlle weet óns wil weet wat húlle in die bank doen. Dit kan eintlik maar 'n ongerieflike affêre vir hulle word, want hulle weet ons almal kyk vir hulle. Hulle weet ook hul banksake staan anders as die res van ons s'n.
Dit is nogal insiggewend om te sien. Dit is duidelik nie bloot die grootmaatinbetalings van kontant wat gewone besigheidsmense doen nie. Dit lyk en voel net ánders.
Eendag het 'n berugte dame, wat al verskeie kere vir al die verkeerde redes in die koerante verskyn het, die bank ingestap.
Met haar denimpakkie en rooi lippe het sy mooi en vars gelyk. Sy het die hele tyd probeer om geduldig in die ry staan, maar het kort-kort uitgestap nadat sy met haar vinger haar plek in die ry bewaar het.
Toe sy by die teller kom, begin die vrou gróót bondels N$200-note uithaal. Een ná die ander het die stapels banknote uit die dieptes van haar groot handsak verskyn. Volgens my beraming moes dit 'n stéwige bedrag geld gewees het wat sy so ewe ongeërg probeer uithaal het.
Ná een vinnige opkyk om te sien wie die kliënt is, staan die teller daar – uitdrukkingloos, beweeg nie 'n ooglid nie, maar maak ook nie verder oogkontak nie – en wag vir die bondels geld om deur die venstertjie aangegee te word.
Op 'n ander dag staan daar ook 'n celebrity met wat soos sy jong assistent gelyk het.
Ek wonder toe stilletjies hoe sý transaksie by die teller sou afloop, want hy het nie 'n groot sak of 'n ding byderhand gehad nie.
Toe hy by die teller uitkom, wink hy so half dringend na die assistent om goed vir hom aan te gee, en omdat hy weet almal staan en kyk en luister, het hy so naby moontlik na die teller oorgeleun en iets deur die venstertjie gefluister.
Die bankteller staan weer eens daar sonder uitdrukking, krabbel 'n bietjie met sy pen, en verdwyn vir bykans 'n halfuur voor hy weer sy verskyning met hompe en hompe banknote maak.
Toe die teller uiteindelik die note aan die celebrity deurgee, bevestig hy: “So-en-so tienduisende dollar.”
Teen daardie tyd het die celebrity se assistent verdwyn en dié het toe maar ewe ongerieflik, terwyl ons almal staar, die duisende dollars in sy broeksakke begin stop en so vinning moontlik by die bank uitgeloop.
My voorstel aan banke is dít: Om hulle die verleentheid te spaar, kry maar vir die celebrities 'n private hokkie waar hulle nie ten aanskoue van nuuskierige apies hul bondels geld hoef te verhandel nie.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie