Onopgeloste verdwynings, moorde stapel op

Die verdwyning van Shannon Wasserfall in April vanjaar in Kuisebmond is een van verskeie onopgeloste hoëprofielsake in Namibië.
Ellanie Smit
Ellanie Smit – Terwyl die familie van die 22-jarige me. Shannon Darlikie Wasserfall met die trauma van haar verdwyning ses maande gelede worstel, dreig die voorval om nóg 'n onopgeloste saak in Namibië te word.

Mnr. Tega Matheus, Wasserfall se pa, het Donderdag aan ons susterkoerant Namibian Sun gesê die familie benodig afsluiting.

Ten spyte daarvan dat nog geen inligting oor Shannon ontvang of enige vordering in die saak gemaak is nie, bly die familie hoopvol.

“Ons wil net vir Shannon sê: 'Kom terug huis toe, kom terug',” het hy gesê.

Volgens Matheus is die onsekerheid vir hulle die moeilikste.

“As ons net geweet het sy is veilig of wat met haar gebeur het, kan ons genesing vind.”


IEMAND MOET WEET

Op die voorbladfoto op Wasserfall se Facebook-profiel is die aanhaling “Wanneer jy in ooreenstemming met jou outentieke self is, sal jy die regte mense na jou toe aantrek”.

Haar verhoudingstatus wys ook dat sy iemand sien.

Matheus hou vol iemand moet weet wat met sy dogter gebeur het.

“Al kontak Shannon vir ons en sê 'ek is hier, ek doen dit en julle moet my nie pla nie'; dit sal vir ons afsluiting gee omdat ons dan weet sy is gesond. Maar die onsekerheid...”

Die 22-jarige het op 10 April verdwyn, 'n dag nadat sy haar tweejarige kind by 'n vriendin se huis in Kuisebmond op Walvisbaai afgelaai het.

Sy is laas op 10 April om 18:00 in Kabeljoustraat gesien. Sy het 'n wit kortbroek, swart hemp en donkerblou baadjie aangehad.

Wasserfall het verlede jaar Desember vanaf Windhoek na Walvisbaai gereis om vir haar ma te gaan kuier. Die polisieondersoek duur al vir die afgelope vyf maande.


#BringShannonHome

Volgens Matheus was die familie van plan om 'n privaat speurder aan te stel om met die soektog na Wasserfall te help, maar die Covid-19-pandemie het dié planne gekelder.

Hy het versoek dat mense ophou om valse storie oor Wasserfall te versprei, oor waar sy is en waar hulle haar gesien het. Terselfdertyd het hy sy waardering vir die gemeenskap se ondersteuning uitgespreek.

Intussen het Namibiese Twitter-gebruikers met die hutsmerk #BringShannonHome begin om die soektog te bevorder. Honderde gebruikers het die hutsmerk gedeel en bypassende kunswerke geskep.

Volgens die koördineerder van misdaadondersoeke in die Erongostreek, adj.komm. Erastus Iikuyu, is nog geen vordering in die saak gemaak nie.

“Daar is geen leidrade nie en geen vordering in die soektog na Shannon nie, maar die ondersoek sal nie ophou tot ons antwoorde het nie,” het hy Donderdag gesê.

Die polisie het diegene ondervra wat net voor haar verdwyning kontak met haar gehad het, maar kon geen leidrade vind nie. Interpol het ook 'n kennisgewing op hulle webblad geplaas.

Iikuyu het 'n beroep op mense gedoen om na vore te kom as hulle enige inligting oor Wasserfall se verdwyning het.

Die polisie het in Julie 'n beloning van N$50 000 uitgereik vir inligting wat tot haar opsporing sal lei.


MOSTERT-MOORD

Nóg 'n onopgeloste saak is die moord op die 44-jarige mnr. Marius Christo Mostert. Hy is op 24 Junie 2015 in die Kupferberg-omgewing vermoor. Hy was dié nag in die geselskap van me. Karen Angilley. Angilley het gesê sy is deur 'n groep mans verkrag wat ook vir Mostert doodgeskiet het. Sy is deur 'n verbyganger opgelaai wat haar langs die pad sien stap het. Sy het net 'n baadjie en kombers om haar gehad.


STOFFELS VERKRAG, VERMOOR

Die liggaam van die 17-jarige skoolmeisie Magdalena Stoffels is op 27 Julie 2010 in 'n rivierbedding in Windhoek gevind. Sy is verkrag en vermoor.


B1-REEKSMOORDENAAR

'n Vermeende reeksmoordenaar wat die bynaam “B1 Butcher” gekry het, het na bewering ten minste vyf vroue tussen 2005 en 2007 vermoor. Al die moorde was op een of ander manier met die B1-hoofpad verbind.

Die liggaamsdele van vroue is gedurende die periode gevind wat almal tekens getoon het dat hulle gevries of verkoel was.

Al vyf dié vermeende reeksmoordenaar se slagoffers was jong of middeljarige vroue. Twee van die vroue wat in 2007 gevind is, kon nie geïdentifiseer word nie. Die ander drie is as me. Juanita Mabula (21, in 2005 vermoor), me. Melanie Janse (22, in 2005 vermoor) en me. Sanna /Garoes (36, in 2007 vermoor) geïdentifiseer.

Mnr. Hans Husselmann, 'n inwoner van Rehoboth, het in 2008 selfdood gepleeg nadat hy moontlik met die moorde verbind kon word. Hy het lewenslange tronkstraf vir twee moorde uitgedien en is in 2004 op parool vrygelaat. Alhoewel een van die slagoffers (Sanna /Garoes) se DNS in sy woonstel gevind is en sy DNS op 'n brief aan die polisie rakende 'n ander slagoffer (Juanita Mabula), was die bewyse nie onweerlegbaar nie.

CHERYL VERMOOR

Jong Cheryl Avihe Ujaha se verminkte liggaam is op 28 Augustus 2018 tussen Katutura en Khomasdal naby 'n rivierbedding gevind. Sy is verkrag en gedeeltelik vermink. Die negejarige meisie het vermis geraak twee dae voor die grusame ontdekking. 

- [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-05-09

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Crystal Palace 4 vs 0 Manchester United SerieA: Udinese 1 vs 1 Napoli | Salernitana 1 vs 2 Atalanta Katima Mulilo: 13° | 33° Rundu: 14° | 33° Eenhana: 15° | 34° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 17° | 32° Otjiwarongo: 15° | 31° Omaruru: 19° | 33° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 16° | 30° Henties Bay: 15° | 18° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:06, High tide: 04:02, Low Tide: 22:18, High tide: 16:30 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 25km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:04, High tide: 04:00, Low Tide: 22:16, High tide: 16:28 Walvis Bay: 15° | 21° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:04, High tide: 03:59, Low Tide: 22:16, High tide: 16:27 Rehoboth: 18° | 30° Mariental: 22° | 32° Keetmanshoop: 18° | 32° Aranos: 20° | 32° Lüderitz: 12° | 22° Ariamsvlei: 16° | 31° Oranjemund: 10° | 18° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 14° | 29° Lubumbashi: 15° | 28° Mbabane: 14° | 30° Maseru: 11° | 26° Antananarivo: 11° | 22° Lilongwe: 16° | 27° Maputo: 17° | 31° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 13° | 16° Durban: 20° | 33° Johannesburg: 17° | 25° Dar es Salaam: 23° | 30° Lusaka: 15° | 28° Harare: 13° | 27° Currency: GBP to NAD 23.07 | EUR to NAD 19.9 | CNY to NAD 2.56 | USD to NAD 18.46 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.31 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.67 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.64 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.35 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.64 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1429.05 | USD to ZAR 18.46 | USD to ZMW 27.35 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 77539.13 Up +0.47% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1733.43 Up +1.10% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13478.23 Up +0.44% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26003.16 Up +0.05% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 345.18/OZ UP +1.57% | Copper US$ 4.56/lb UP +1.40% | Zinc US$ 2 927.50/T UP 0.08% | Brent Crude Oil US$ 84.68/BBP UP +0.46% | Platinum US$ 982.72/OZ UP +0.87% Sport results: Premier League: Crystal Palace 4 vs 0 Manchester United SerieA: Udinese 1 vs 1 Napoli | Salernitana 1 vs 2 Atalanta Weather: Katima Mulilo: 13° | 33° Rundu: 14° | 33° Eenhana: 15° | 34° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 17° | 32° Otjiwarongo: 15° | 31° Omaruru: 19° | 33° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 16° | 30° Henties Bay: 15° | 18° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:06, High tide: 04:02, Low Tide: 22:18, High tide: 16:30 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 25km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:04, High tide: 04:00, Low Tide: 22:16, High tide: 16:28 Walvis Bay: 15° | 21° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:04, High tide: 03:59, Low Tide: 22:16, High tide: 16:27 Rehoboth: 18° | 30° Mariental: 22° | 32° Keetmanshoop: 18° | 32° Aranos: 20° | 32° Lüderitz: 12° | 22° Ariamsvlei: 16° | 31° Oranjemund: 10° | 18° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 14° | 29° Lubumbashi: 15° | 28° Mbabane: 14° | 30° Maseru: 11° | 26° Antananarivo: 11° | 22° Lilongwe: 16° | 27° Maputo: 17° | 31° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 13° | 16° Durban: 20° | 33° Johannesburg: 17° | 25° Dar es Salaam: 23° | 30° Lusaka: 15° | 28° Harare: 13° | 27° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.07 | EUR to NAD 19.9 | CNY to NAD 2.56 | USD to NAD 18.46 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.31 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.67 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.64 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.35 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.64 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1429.05 | USD to ZAR 18.46 | USD to ZMW 27.35 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 77539.13 Up +0.47% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1733.43 Up +1.10% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13478.23 Up +0.44% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26003.16 Up +0.05% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 345.18/OZ UP +1.57% | Copper US$ 4.56/lb UP +1.40% | Zinc US$ 2 927.50/T UP 0.08% | Brent Crude Oil US$ 84.68/BBP UP +0.46% | Platinum US$ 982.72/OZ UP +0.87%