Onnies smeek vir betaling
MERKENDE ONNIE VAN DIE PLATTELAND SKRYF:
In een van die land se Engelse koerante is daar die vorige Vrydag berig dat een van die onderwysunies beswaar gemaak het teen die baie laat, of altans nog geen betaling van reis- en verblyfkoste vir die onderwysers wat van oral in die land gekom het om die graad 10- en graad 12-vraestelle te kom merk nie. Van hulle het al die 3de November vir diens in Windhoek aangemeld, vandag, die 22ste klaargemaak, en nog nie 'n sent ontvang nie.
In die koerant het me. Steenkamp (van die ministerie) belowe dat die betalings op Maandag 20 November deur finansies gedoen sal word, sodat dit Dinsdag in die bankrekeninge van die merkers sal verskyn. Wel, met hierdie skrywe is daar nog geen inbetalings gedoen nie.
Die merkers kom van oral in die land, moet reiskoste tot in die stad dek, verblyf betaal (of bydra tot die huishouding waar hulle woon) en darem ook iets te ete en drinke kry vanaf die deure soggens sewe-uur oopmaak, tot nege-uur vanaand, wanneer die penne neergesit word.
Ek sou baie graag wou verneem, wat ons agbare minister van onderwys se optrede sou wees indien sy in die skoene van die merkers was. Maar gelukkig vir haar, sal dit nooit nodig wees nie.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie