Onnie van Bethanie uit op borg
Onnie van Bethanie uit op borg

Onnie van Bethanie uit op borg

Francoise Steynberg
’n Onderwyser van Bethanie, mnr. Lukas Suana Kampale (24), wat vanoggend in verband met rassediskriminasie en aanranding met dreigement in die landdroshof verskyn het, is op borgtog van N$2 000 vrygelaat.

Dit volg nadat hy Saterdag in hegtenis geneem is ná hy op sosiale media geskryf het “Namas is idiote en moet deur Corona uitgewis word”.’

Hy is ‘n onderwyser van die Schmelenville Gekombineerde Skool op die suidedorp.

Die saak is tot 16 Julie uitgestel.

Kommentaar

Republikein 2025-12-07

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer