Onnatuurlike sterftes, moorde vier hoogty
Onnatuurlike sterftes, moorde vier hoogty

Onnatuurlike sterftes, moorde vier hoogty

Die afgelope week is weer deur hoë misdaadsyfers gekenmerk.
Francoise Steynberg
Francoise Steynberg



Me. Awene Anna (41) is Sondag by die Okaku-nedersetting deur verbygangers gevind waar sy in 'n heining vasgesit het nadat sy op 'n skerp paal geval en haar regterbeen erg beseer het.

Toe die verbygangers haar uit die heining bevry en bloeiend op die grond neersit, het sy beswyk. 'n Nadoodse ondersoek sal die oorsaak van haar dood bepaal.

Die liggaam van 'n 58-jarige Namibiese man is Maandag om 10:00 in sy tent in die New Cowboy-lokasie op Katima Mulilo gevind. Hy is oorspronklik van Opuwo, maar het op Katima Mulilo vir 'n konstruksiemaatskappy gewerk. Dit word vermoed dat hy weens vergassing gesterf het. Op die gasstoof in sy tent was die kos gebrand en die gasbottel was leeg.

Nóg 'n onnatuurlike sterfte was by Otjimbingwe toe die liggaam van mnr. Thomas Haimbodi (29) Saterdag onder 'n boom sowat 400 m vanaf die Otjimbingwe-polisiekantoor gevind is.

Dit word beweer dat die oorledene ('n beeswagter) en sy medewerker saam te perd van die Wellempost-hervestigingsplaas sowat 10 km vanaf Otjimbingwe op die Wilhelmstal-Otjimbingwe-pad gereis het.

Daar is gesien dat hulle saam by ver­skeie kroeë op Otjimbingwe gedrink het en dit word beweer dat die oorledene onder die invloed van alkohol was. Sy perd is langs sy liggaam gevind en dit word vermoed dat die perd hom verskeie kere geskop het.



BABA STERF ALLEEN

'n Twee maande oue babaseun, Puleninawa Elia, is verlede Dinsdag in die Ombili-lokasie op Otjiwarongo dood gevind. Dit word beweer dat hy die hele nag deur sy ma sonder sorg gelaat is.

Op Usakos is die ontbinde lyk van 'n 83-jarige man verlede Woensdag op sy bed in sy huis gevind. Hy het alleen in sy huis gebly en volgens sy bure het hulle hom vir 'n week lank nie gesien nie. 'n Onnatuurlike reuk het van sy huis gekom en die bure het die polisie ingelig, wat die venster gebreek het om in te gaan. Die huis was gesluit en die sleutels is op 'n tafel binne die huis gevind.

Sy familie is nog nie van sy dood ingelig nie en sy seun bly glo in Suid-Afrika.

Ook in die Erongostreek, het 'n fratsongeluk verlede Woensdag die lewe van 'n 48-jarige vrou op Walvisbaai geëis toe 'n hek op haar geval het. 'n Bestuurder van 'n vragmotor met 'n sleepwa van Mariental het glo omstreeks 07:00 uit die perseel van Charlie's Meat Market gery nadat hy vleis afgelaai het.

Dit word beweer dat die agterkant van die vragmotor die hek getref en dit op twee vroue geval het. Hulle het gewag dat die slaghuis oopmaak om kapana te koop.

Me. Ndahambelela Nghipande (48) is op die toneel oorlede en die ander vrou (39) is beseer en in 'n hospitaal opgeneem.



MOORDE

Op Otavi het 'n man glo Sondag omstreeks 15:30 sy meisie met 'n mes gesteek. Die slagoffer, me. Rencia Hoakhaos (28) van Blikkiesdorp is na 'n hospitaal op Otavi gehaas, maar het om 20:06 aan haar beserings beswyk. Die verdagte het op die vlug geslaan en die polisie versoek enigiemand met inligting om die Otavi-polisiekantoor te kontak.

Me. Naalokoshe Joseph (20 ) van die Omhumbu-nedersetting naby Etayi in die Omusatistreek is Saterdag omstreeks 22:40 glo ook deur haar kêrel met 'n onbekende voorwerp in haar regterbors gesteek.

Die oorledene is swanger en die kêrel (20) wou glo hê dat sy 'n aborsie moet ondergaan.

Die verdagte is in hegtenis geneem.

In die Nomtsoub-nedersetting op Tsumeb het twee mans Maandag by die Stepps Inn-kroeg gedrink en hulle het begin baklei. Mnr. Paul Us Nghilifavali Kamati (23) is omstreeks 01:15 met 'n skerp voorwerp in die linkerkant van sy bors gesteek en hy is op die toneel dood. Die 27-jarige verdagte is in hegtenis geneem.

Nóg 'n kroeggeveg het in 'n moord ontaard: Op Keetmanshoop by die Blackwell-sjebien in Tseiblaagte het twee mans Saterdag ook saamgedrink en die een het die ander een met 'n mes gesteek. Mnr. Ricardo Thomas (24) is op die toneel dood en 'n ­25-jarige verdagte is in hegtenis geneem.

In die hoofstad het mnr. Frederick Kondjeni (28) verlede Vrydag by die Etambi-kroeg in Onyarayongongwestraat in Ombili saam met sy vriende gedobbel en gedrink. 'n Argument het ontstaan en Kondjeni het buite toe gegaan.

Hy is later deur sy vriende met 'n steekwond in sy regterbors gevind. Hy het aan sy beserings in die Katutura-staatshospitaal beswyk. Die 44-jarige verdagte is in hegtenis geneem.

Kommentaar

Republikein 2024-05-14

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Aston Villa 3 vs 3 Liverpool | Manchester United 0 vs 1 Arsenal | Nottingham Forest 2 vs 3 Chelsea | Newcastle 1 vs 1 Brighton | Wolves 1 vs 3 Crystal Palace | Everton 1 vs 0 Sheffield United | West Ham 3 vs 1 Luton Town | Bournemouth 1 vs 2 Brentford | Tottenham Hotspur 2 vs 1 Burnley | Fulham 0 vs 4 Manchester City LaLiga: Osasuna 1 vs 1 Mallorca | Barcelona 2 vs 0 Real Sociedad | Real Betis 3 vs 2 Almería | Valencia 0 vs 0 Rayo Vallecano | Atletico Madrid 1 vs 0 Celta Vigo | Cadiz 1 vs 0 Getafe | Athletic Club 2 vs 2 Osasuna | Granada 0 vs 4 Real Madrid | Villarreal 3 vs 2 Sevilla | Mallorca 1 vs 0 Las Palmas SerieA: Fiorentina 2 vs 1 Monza | Lecce 0 vs 2 Udinese | Atalanta 2 vs 1 AS Roma | Juventus 1 vs 1 Salernitana | Genoa 2 vs 1 Sassuolo | Hellas Verona 1 vs 2 Torino | SS Lazio 2 vs 0 Empoli | AC Milan 5 vs 1 Cagliari | Napoli 0 vs 2 Bologna European Championships Qualifying: West Bromwich Albion 0 vs 0 Southampton | Norwich City 0 vs 0 Leeds United English Championship: West Bromwich Albion 0 vs 0 Southampton | Norwich City 0 vs 0 Leeds United Katima Mulilo: 13° | 31° Rundu: 13° | 30° Eenhana: 17° | 32° Oshakati: 17° | 32° Ruacana: 18° | 32° Tsumeb: 15° | 28° Otjiwarongo: 13° | 27° Omaruru: 13° | 29° Windhoek: 12° | 25° Gobabis: 14° | 25° Henties Bay: 15° | 32° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 13:52, High tide: 07:51, Low Tide: 02:00, High tide: 20:47 Swakopmund: 17° | 24° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 13:50, High tide: 07:49, Low Tide: 02:00, High tide: 20:45 Walvis Bay: 20° | 32° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 13:50, High tide: 07:48, Low Tide: 02:00, High tide: 20:44 Rehoboth: 14° | 26° Mariental: 15° | 29° Keetmanshoop: 19° | 30° Aranos: 16° | 28° Lüderitz: 18° | 35° Ariamsvlei: 19° | 31° Oranjemund: 14° | 29° Luanda: 24° | 27° Gaborone: 13° | 27° Lubumbashi: 13° | 27° Mbabane: 12° | 24° Maseru: 9° | 24° Antananarivo: 14° | 22° Lilongwe: 13° | 26° Maputo: 19° | 26° Windhoek: 12° | 25° Cape Town: 16° | 20° Durban: 17° | 26° Johannesburg: 15° | 23° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 16° | 26° Harare: 12° | 23° Currency: GBP to NAD 23.1 | EUR to NAD 19.89 | CNY to NAD 2.54 | USD to NAD 18.39 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.71 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.55 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 133.85 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.6 | USD to EGP 46.8 | USD to KES 129.48 | USD to NGN 1498 | USD to ZAR 18.39 | USD to ZMW 25.25 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 78632.56 Down -0.07% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1710.9 Down -2.52% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13501.46 Down -0.29% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25339.77 Down -0.16% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 356.43/OZ UP +0.77% | Copper US$ 4.85/lb UP +2.21% | Zinc US$ 3 006.00/T UP 0.27% | Brent Crude Oil US$ 82.81/BBP DOWN -0.0124 | Platinum US$ 1 036.82/OZ UP +3.54% Sport results: Premier League: Aston Villa 3 vs 3 Liverpool | Manchester United 0 vs 1 Arsenal | Nottingham Forest 2 vs 3 Chelsea | Newcastle 1 vs 1 Brighton | Wolves 1 vs 3 Crystal Palace | Everton 1 vs 0 Sheffield United | West Ham 3 vs 1 Luton Town | Bournemouth 1 vs 2 Brentford | Tottenham Hotspur 2 vs 1 Burnley | Fulham 0 vs 4 Manchester City LaLiga: Osasuna 1 vs 1 Mallorca | Barcelona 2 vs 0 Real Sociedad | Real Betis 3 vs 2 Almería | Valencia 0 vs 0 Rayo Vallecano | Atletico Madrid 1 vs 0 Celta Vigo | Cadiz 1 vs 0 Getafe | Athletic Club 2 vs 2 Osasuna | Granada 0 vs 4 Real Madrid | Villarreal 3 vs 2 Sevilla | Mallorca 1 vs 0 Las Palmas SerieA: Fiorentina 2 vs 1 Monza | Lecce 0 vs 2 Udinese | Atalanta 2 vs 1 AS Roma | Juventus 1 vs 1 Salernitana | Genoa 2 vs 1 Sassuolo | Hellas Verona 1 vs 2 Torino | SS Lazio 2 vs 0 Empoli | AC Milan 5 vs 1 Cagliari | Napoli 0 vs 2 Bologna European Championships Qualifying: West Bromwich Albion 0 vs 0 Southampton | Norwich City 0 vs 0 Leeds United English Championship: West Bromwich Albion 0 vs 0 Southampton | Norwich City 0 vs 0 Leeds United Weather: Katima Mulilo: 13° | 31° Rundu: 13° | 30° Eenhana: 17° | 32° Oshakati: 17° | 32° Ruacana: 18° | 32° Tsumeb: 15° | 28° Otjiwarongo: 13° | 27° Omaruru: 13° | 29° Windhoek: 12° | 25° Gobabis: 14° | 25° Henties Bay: 15° | 32° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 13:52, High tide: 07:51, Low Tide: 02:00, High tide: 20:47 Swakopmund: 17° | 24° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 13:50, High tide: 07:49, Low Tide: 02:00, High tide: 20:45 Walvis Bay: 20° | 32° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 13:50, High tide: 07:48, Low Tide: 02:00, High tide: 20:44 Rehoboth: 14° | 26° Mariental: 15° | 29° Keetmanshoop: 19° | 30° Aranos: 16° | 28° Lüderitz: 18° | 35° Ariamsvlei: 19° | 31° Oranjemund: 14° | 29° Luanda: 24° | 27° Gaborone: 13° | 27° Lubumbashi: 13° | 27° Mbabane: 12° | 24° Maseru: 9° | 24° Antananarivo: 14° | 22° Lilongwe: 13° | 26° Maputo: 19° | 26° Windhoek: 12° | 25° Cape Town: 16° | 20° Durban: 17° | 26° Johannesburg: 15° | 23° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 16° | 26° Harare: 12° | 23° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.1 | EUR to NAD 19.89 | CNY to NAD 2.54 | USD to NAD 18.39 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.71 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.55 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 133.85 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.6 | USD to EGP 46.8 | USD to KES 129.48 | USD to NGN 1498 | USD to ZAR 18.39 | USD to ZMW 25.25 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 78632.56 Down -0.07% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1710.9 Down -2.52% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13501.46 Down -0.29% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25339.77 Down -0.16% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 356.43/OZ UP +0.77% | Copper US$ 4.85/lb UP +2.21% | Zinc US$ 3 006.00/T UP 0.27% | Brent Crude Oil US$ 82.81/BBP DOWN -0.0124 | Platinum US$ 1 036.82/OZ UP +3.54%