Ongwediwa dra die kroon
Ongwediwa dra die kroon

Ongwediwa dra die kroon

Ronelle Rademeyer
Ongwediwa in die Noorde is Saterdag by die Namibië Toerisme Ekspo aange­wys as Namibië se dorp van die jaar vir 2016. Altesaam 36 dorpe het om hierdie titel meegebring nadat Namibia Media Holdings (NHM) die kompetisie verlede jaar van stapel gestuur het. Uiteindelik het die streekwenners, Lüde­ritz (Suide), Swakopmund (Weste) en Otjiwarongo (Sentraal), saam met On­gwediwa as finaliste vir die Noorde om die titel meegeding. Dit was egter laasgenoemde dorp wat die meeste stemme deur middel van die SMS-stemproses kon inpalm. Hier oorhandig NMH se hoof uitvoerende beampte, mnr. Albe Botha, die toekenning aan Salomé Shidute van die Ongwediwa-munisipaliteit. Sien die berig op bl. 6. Foto Tanja Bause

Kommentaar

Republikein 2025-05-04

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer